Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 12/1 bl. 20
  • Uit die mond van kinders

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Uit die mond van kinders
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • “Uit die mond van kinders”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Sê vir hulle dat jy lief is vir hulle
    Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • Ware hulp vir die gesin
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Soeke na die waarheid beloon
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 12/1 bl. 20

Koninkryksverkondigers berig

Uit die mond van kinders

JESUS het gesê: “Uit die mond van kinders en suigelinge het U vir U lof berei” (Mattheüs 21:16). Dit was inderdaad die geval met ’n driejarige dogtertjie in Guadeloupe wie se moeder een van Jehovah se Getuies is. Die dogtertjie het dikwels by haar ouma gebly terwyl haar moeder gewerk het, en die kind het vir haar ouma getuig.

Die moeder het gesê: “My dogtertjie het alewig by haar ouma geneul dat sy die boek My boek met Bybelverhale saam met haar moet studeer.” Die antwoord was gewoonlik: “Jammer, maar jy weet ek is haastig en ek het nie tyd daarvoor nie, want ek moet jou ma se werk doen.” Maar eendag het die driejarige dogtertjie op die studie aangedring, die boek oopgemaak en die Bybelprente vir haar ouma begin verduidelik. Verstom oor die kennis van haar kleindogter het die vrou die boek geneem en dit begin lees. Sy het gou besef dat die dogtertjie vir haar die waarheid vertel het. Haar belangstelling is gewek, en sy het al hoe meer gelees.

Die ouma het later vir die dogtertjie se moeder gesê: “Ek het in die verlede nie veel ag geslaan op wat jy vir my omtrent die Woord van God gesê het nie. Dit is nie meer die geval nie, want ek lees nou die Heilige Skrif.”

Die kind het haar ouma aangespoor om die vergaderinge van Jehovah se Getuies by te woon, en die vrou het dit gedoen om die kind tevrede te stel. Sy was diep beïndruk deur wat sy gehoor het. Die ouma is vandag ’n toegewyde, gedoopte Getuie van Jehovah.

Jehovah het inderdaad vir hom uit die mond van kinders lof berei. Hoe bly is al drie nou dat hulle Jehovah saam dien!

◻ ’n Ander ondervinding van ’n jong kind kom uit Nigerië. ’n Bybelstudie is met ’n gesin gehou wat uit ’n vader, moeder en twee dogters bestaan het. Die vader het te sterwe gekom, en die moeder het belangstelling verloor en na haar voormalige kerk teruggekeer. Sy het die meisies, 7 en 12 jaar oud, gedwing om saam met haar te gaan. Die meisies het hard gestry vir die geloof en selfs met die kerkleiers en die predikant geargumenteer. Hy kon nie voor Bybelwaarhede staande bly nie, en het opgehou om hulle tuis te besoek. Omdat die sewejarige dogtertjie geweier het om saam met haar moeder kerk toe te gaan, het die moeder haar niks kos gegee om te eet nie.

Die kind het eendag na die Koninkryksaal van Jehovah se Getuies gegaan, maar daar was niemand daar nie, want die Getuies was by ’n byeenkoms. Sy het nietemin gesing, gebid en gestudeer asof sy by ’n gewone vergadering was.

Daardie aand was die kind nie oneerbiedig teenoor haar moeder nie. Hierdie optrede het haar moeder beïndruk en haar weer in die waarheid laat belangstel. Sy het haar Bybelstudie saam met die Getuies hervat, vergaderinge bygewoon en voortgegaan om Bybelkennis in te neem. Die moeder is nou ’n toegewyde, gedoopte dienares van Jehovah, en die sewejarige dogtertjie vaar goed in die waarheid.

Jehovah het inderdaad die onkreukbaarheid van hierdie sewejarige dogtertjie geseën. Hoeveel vreugde verskaf dit haar nou om te sien dat haar moeder ’n gedoopte Getuie is! En hoe dankbaar is die moeder dat haar kind haar onkreukbaarheid teenoor Jehovah behou het!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel