Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 7/15 bl. 8
  • ’n Tiran se plan misluk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Tiran se plan misluk
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Tiran se plan misluk
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Hulle vlug van ’n goddelose koning
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Hy het beskerm, voorsien en volhard
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Hy het beskerm, hy het voorsien, hy het volhard
    Volg hulle geloof na
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 7/15 bl. 8

Jesus se lewe en bediening

’n Tiran se plan misluk

WAAROM maak Josef vir Maria in die middel van die nag wakker? ‘Jehovah se engel het nou net aan my verskyn’, sê Josef vir haar. ‘En hy het gesê ek moet jou en die kind neem en na Egipte vlug, want Herodes gaan Jesus soek om hom dood te maak.’

Daarop vlug die drie. En dit is ook net betyds, want Herodes het uitgevind dat die sterrewiggelaars hom mislei en die land verlaat het. Onthou, hulle was veronderstel om na hom toe terug te gaan nadat hulle Jesus gevind het. Herodes is smoorkwaad. In ’n poging om Jesus om die lewe te bring, gee hy bevel dat al die seuntjies van twee jaar en jonger in Betlehem en sy distrikte doodgemaak moet word. Hy bereken hierdie ouderdom volgens die inligting wat hy vroeër van die sterrewiggelaars ontvang het. Die slagting van al die seuntjies is afgryslik! Herodes se soldate breek in een huis na die ander in. En wanneer hulle ’n seuntjie vind, gryp hulle hom uit sy moeder se arms. Ons het geen idee hoeveel babas gedood word nie, maar die groot geween en gekerm van die moeders vervul ’n Bybelprofesie van God se profeet Jeremia.

In die tussentyd het Josef en sy gesin veilig in Egipte aangekom, en hulle woon nou daar. Maar een nag verskyn Jehovah se engel weer in ’n droom aan Josef. ‘Staan op en neem Jesus en sy moeder terug na Israel toe’, sê die engel, ‘want die wat hom om die lewe probeer bring het, is dood.’ Die gesin keer toe na hulle vaderland terug, ter vervulling van ’n ander Bybelprofesie wat sê dat God se Seun uit Egipte geroep sou word.

Josef wil skynbaar teruggaan na Judea, waar hulle gewoon het voor hulle na Egipte gevlug het. Maar hy hoor dat Herodes se goddelose seun Archelaüs nou die koning van Judea is, en Jehovah waarsku hom in nog ’n droom teen die gevaar. Josef en sy gesin gaan toe na die noorde en vestig hulle in die dorp Nasaret. Jesus word in hierdie gemeenskap groot, ver van die middelpunt van die Joodse godsdienslewe af. Mattheüs 2:13-23; Jeremia 31:15; Hosea 11:1.

♦ Watter verskriklike ding het koning Herodes gedoen toe die sterrewiggelaars nie teruggekom het nie, maar hoe is Jesus beskerm?

♦ Hoekom het Josef nie weer in Betlehem gaan woon toe hy van Egipte af teruggekeer het nie?

♦ Watter Bybelprofesieë is gedurende hierdie tydperk vervul?

    Afrikaanse publikasies (1975-2023)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2023 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel