Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 8/15 bl. 31
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Migael die groot vors staan op
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • ’n Verandering van heerskappy—binnekort!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • “Migael, die grootvors”—Wie is hy?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Identifiseer die ware aanbidders in die tyd van die einde
    Gee ag op Daniël se profesie!
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 8/15 bl. 31

Onthou jy?

Het jy die onlangse nommers van Die Wagtoring van praktiese waarde gevind? Kyk dan of jy die volgende kan onthou:

◻ Wat beteken dit om vir oorlewing ‘geteken’ te word deur die profetiese man met die skrywer se inkpot in Esegiël se gesig? (Esegiël 9:2-6).

Dit beteken dat ’n mens jou aan God toegewy het om sy wil te doen, as ’n dissipel van Jesus Christus gedoop is en jou met die Christelike persoonlikheid beklee het.—15/4, bladsye 11, 12.

◻ Wat is die doel van Bybelprofesieë?

Profesieë openbaar die waarheid omtrent God, sy wil en sy morele standaarde. Hulle verduidelik die mens se verhouding tot Jehovah sodat die mensdom weer in ooreenstemming met Sy voorneme gebring kan word, wat tot die volle vervulling daarvan lei (Jesaja 1:18-20; 2:1-5; 55:8-11).—1/5, bladsy 5.

◻ Watter dodelike hongersnood kom vandag oor die hele aarde voor?

’n Geestelike hongersnood, “om die woorde van die HERE te hoor” (Amos 8:11).—1/5, bladsye 10, 11.

◻ Wat is “die vrees van die HERE”? (Spreuke 1:7).

Dit is ’n heilsame vrees om Jehovah te mishaag omdat ons sy goedertierenheid en goedheid waardeer. Dit beteken ook dat ons erken dat Jehovah die Opperregter en die Almagtige is, hom ten volle vertrou en haat wat hy sê sleg is (Psalm 2:11; 115:11; Spreuke 8:13).—15/5, bladsy 28.

◻ Watter riglyne word in 1 Timotheüs 5 uiteengesit met betrekking tot die versorging van die bejaardes?

Hoewel die vernaamste verantwoordelikheid op familielede rus, is die probleme van die bejaardes vir die hele gemeente van belang; hulle versorging moet behoorlik georganiseer word; sulke sorg moet beperk word tot diegene wat waarlik behoeftig is.—116, bladsye 9, 10.

◻ Op watter vier algemene maniere het Jehovah sy volk gedurende die afgelope 69 jaar gelouter?

(1) Organisatories; (2) deelname aan die veldbediening; (3) meer lig van die waarheid; (4) die afskaffing van onrein gebruike.—15/6, bladsye 17-20.

◻ Op watter twee maniere word die woord “staan” in Daniël 12:1 in verband met Migael gebruik?

Die beskrywing meld dat Migael “ten behoewe van die seuns van jou volk staan”. Christus Jesus oefen sedert 1914 toe hy as die heersende Koning van God se Koninkryk ingehuldig is in hierdie opsig mag ten behoewe van sy volk op aarde uit. Daniël sê ook: “En gedurende daardie tyd sal Migael opstaan.” Dit het betrekking op sy heerskappy wat ’n nuwe fase binnegaan waartydens hy op ’n besondere wyse sal optree om Daniël se volk te red. Hulle sal derhalwe nie in “die tyd van die einde” van die koning van die noorde en die koning van die suide deur die menseregerings uitgewis word nie (Daniël 11:40-45).—1/7, bladsye 18, 19.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel