Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 10/1 bl. 3-4
  • Hoe prakties is hedendaagse godsdiens?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe prakties is hedendaagse godsdiens?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Praktiese leiding ontbreek
  • Beroep in ’n krisis
  • Onenigheid wat die aandag aflei
  • Kan jy die regte godsdiens vind?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Wie stel nog in godsdiens belang?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1978
  • Godsdiens—Watter nut het dit?
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Beoefen suiwer godsdiens sodat jy behoue kan bly
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 10/1 bl. 3-4

Hoe prakties is hedendaagse godsdiens?

“EK HET die Bybel op pad na my slaapkamer in die studeerkamertjie neergegooi. Ek het gedink dat ek dit nooit weer sal optel of nog ’n kerk sal bywoon nie. Ek het ongeveer ses jaar gesoek. En tog het ek geen hulp gevind nie.”

Ronald, ’n 26-jarige rekenaaroperateur, het ’n paar moeilike tye deurgemaak en was bang dat sy lewe sou verbrokkel. Dit het gelyk asof godsdiens vir hom van geen praktiese waarde is nie. “Ek is klaar daarmee”, het hy gesê.

Baie mense is, soos Ronald, teleurgesteld met godsdiens. Wat van jou? Dink jy dat godsdiens mense praktiese hulp en leiding gegee het om beter werkmaats, bure, mans, vrouens, ouers of kinders te word? Het godsdiens vrede en eenheid onder mense in die hand gewerk? Het dit hulle gehelp om die doel van die lewe te verstaan? Het dit hulle verstand en hart met ’n vaste hoop vir die toekoms vervul?

Praktiese leiding ontbreek

In hierdie komplekse wêreld het mense wyse, duidelike leiding nodig. Kan hulle dit van geestelike leiers verwag? ’n Vrou het in ’n brief aan ’n tydskrifrubriekskrywer gekla:

“Al wat ons nou . . . al geruime tyd in ons kerk hoor, is liefde, liefde, liefde. . . . Wat het geword van die ‘Jy mag nie’-gebooie—‘Jy mag nie doodslaan nie. Jy mag nie steel nie’, en al die ander? Ons behoort dikwels daaraan herinner te word dat sommige dinge verbode is . . . Maar ons hoor nie eens meer die woord ‘Sonde’ nie. Dit is asof hulle dit soos ’n vloekwoord vermy.”

Sommige meen blykbaar dat hulle godsdiensraadgewers te laks en onnodig toegeeflik geword het. Sulke geestelike leidsmanne is swak. Hulle is soos ’n dokter wat sy pasiënt se probleem lig opneem en verdunde medisyne voorskryf. Wat is sommige redes vir hierdie versuim?

Beroep in ’n krisis

Iemand wat onder sy eie probleme gebuk gaan, sal nie baie tyd en inspanning kan bestee om ander te help nie. Mediaberigte wys daarop dat al hoe meer geestelikes swaar belas is met hulle eie beroeps- en persoonlike probleme. Hier is ’n paar voorbeelde:

“Hoewel spanning en die uitbrandsindroom vandag in baie beroepe algemeen voorkom, is dit nêrens meer kritiek as onder die Joodse geestelikes nie”, sê kliniese psigoloog dr. Leslie R. Freedman na ’n vier jaar lange universiteitstudie van die Joodse geestelikes.

“Sou ek, as ek ’n seun gehad het, wou hê dat hy ’n priester moet word? Tot my spyt moet ek nee antwoord”, sê ’n priester, William Wells, in ’n verslag oor geestelikes se probleme. Waarom nie? Volgens hom kan hy nie ’n jong man aanspoor om ’n beroep te oorweeg wat so vol “konflik, onrus en onsekerhede is soos die Rooms-Katolieke priesterskap vandag is nie”.

Priesters in die Sweedse Lutherse kerk, wat deur die Staat gesteun word, is ook in die nood. ’n Sweedse dagblad sê: “Priesters het sielkundige probleme, wat in ernstige gevalle tot selfmoord lei. . . . Die klerikale beroep is in ’n krisis.”

Onenigheid wat die aandag aflei

In lande waar die godsdiensleiers by uitputtende en verdelende oorloë betrokke is, voorkom dit dat hulle behoorlike aandag aan die mense se geestelike behoeftes skenk. Hulle is ook deels verantwoordelik vir die verlies van arbeidspotensiaal en geld wat vir mense se materiële welsyn aangewend kon word.

Daar is mense in alle wêrelddele wat hulle vertroue in godsdiens verloor en op godsdiensgebied onverskillig geword het. Lande soos Swede, Finland, Duitsland, Brittanje, Italië, Kanada en die Verenigde State berig dat die lidmaatskap en kerkgang afneem.

Is jy onder diegene wat, soos Ronald, meen dat hulle klaar is met godsdiens? Kan daar nietemin ’n godsdiens wees wat wel vir baie van praktiese waarde is? Die volgende artikel sal dit bespreek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel