Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 4/1 bl. 22-23
  • Die ondergang van ’n nasie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die ondergang van ’n nasie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Vurige vernietiging van God se vyande
  • Jehovah is redding
  • Bybelboek nommer 30—Amos
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Spreek God se Woord met vrymoedigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Neem die profete as ’n voorbeeld—Amos
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Jehovah se oordeel sal oor die goddeloses kom
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 4/1 bl. 22-23

Lesse uit die Skrif: Amos 1:1–9:15

Die ondergang van ’n nasie

“MAAK jou klaar om jou God te ontmoet”, sê “[Jehovah], God van die leërskare” vir die nasie Israel (Amos 4:12, 13, vgl. NW). Die rede? Die Israeliete, wat deur voorspoed verblind was, het sy Wet vergeet en sy heilige land met afgodediens, onsedelikheid, bloedvergieting en geweld besoedel.

Amos word as Jehovah se profeet verwek om ’n waarskuwingsboodskap uit te spreek, nie net teen sy eie nasie Juda nie, maar veral teen die noordelike koninkryk van Israel. Hy veroordeel Israel vir haar genotsugtige lewenstyl en voorspel haar uiteindelike ondergang uit die hand van vyandelike nasies. Die boek Amos, wat êrens tussen 829 v.G.J. en 804 v.G.J. geskryf is, verskaf insig in God se vermoë om komende onheil vooruit te sien, en dit bied tydige waarskuwings.

Vurige vernietiging van God se vyande

Niemand kan God se oordele vryspring nie. Hoe waar was dit tog in die geval van die nasies in Damaskus (Sirië), Gasa (Filistéa), Tirus, Edom, Ammon, Moab en Juda! Jehovah sal’nie sy hand afwend’ van hulle vir hulle oortreding nie. Nogtans het hulle voorspelde rampspoed net beklemtoon dat Israel oordeel tegemoetgaan, omdat sy nie in haar verbondsverhouding met God gebly en sy wette nagekom het nie.—Amos 1:1–2:16.

Slaan ag op God se waarskuwing. “Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde”, sê Jehovah vir Israel (Amos 3:2). Maar hulle sondige weg het minagting vir God se naam en soewereiniteit geopenbaar. Talle was vasbeslote om, ten koste van hulle eie broers, ryk te wees, in ydele weelde te leef met “n winterhuis saam met ’n somerhuis’ (Amos 3:15). Hulle het die armes selfsugtig met verkeerde gewigte bedrieg. Omdat hulle ware aanbidding versaak het, het hulle verdien om deur Jehovah gestraf te word. Maar ‘Jehovah sal niks doen tensy hy dit aan sy knegte geopenbaar het nie’. Amos voorspel dus Jehovah se oordele en waarsku hulle: “Maak jou klaar om jou God te ontmoet.”—Amos 3:1–4:13.

Jehovah is redding

Jehovah sal barmhartig wees teenoor diegene wat hulle bekeer. “Soek My, dan sal julle lewe!” is Jehovah se versoek aan Israel (Amos 5:4). “Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is” (Amos 5:15). Sulke woorde word egter veronagsaam. Afvalliges het verkies om na Bet-el en Gilgal, sentrums van afgodediens, te gaan om daar offerandes aan valse gode te offer (Amos 5:26; 1 Konings 12:28-30). Selfvoldane kwaaddoeners lê op swierige ivoorbeddens en drink goeie wyn en vertroetel hulself met die beste kosse en olies (Amos 5:11; 6:4-6). ‘Die dag van Jehovah’ kom, en God het “by Homself” gesweer dat Israel vernietig sal word (Amos 5:18; 6:8). Jehovah sal ’n volk opwek om Israel te verdruk en haar in gevangenskap te lei.—Amos 5:1–6:14.

Vrees Jehovah, nie teenstanders nie. Die vernietiging van Israel kon teweeggebring word deur ’n swerm sprinkane of ’n verterende vuur. Amos het namens Israel ’n beroep op God gedoen, en ‘Jehovah het berou gekry’ oor sy oordeel, sodat dit nie op hierdie wyse voltrek is nie. Maar soos ’n bouer wat die vertikale vlak van ’n muur met ’n skietlood nagaan, sal Jehovah Israel “voortaan nie meer verskoon nie” (Amos 7:1-8, vgl. NW). Die nasie moet verwoes word. Amasia, ’n priester van kalfaanbidding, is woedend oor die profeet se boodskap en beskuldig Amos valslik van verraad en beveel hom om ‘na die land Juda te vlug en nie meer verder in Bet-el te profeteer nie’ (Amos 7:12, 13). Deins Amos terug? Nee! Hy voorspel onbevrees die dood van Amasia en rampspoed vir sy gesin. Soos vrugte in die oestyd bymekaargemaak word, so is dit tyd vir Jehovah om met Israel af te reken. Daar sal geen ontvlugting wees nie.—Amos 7:1–8:14.

Daar is hoop vir diegene wat op Jehovah vertrou. “Ek sal die huis van Jakob nie heeltemal verdelg nie”, sê Jehovah. Daar is nog hoop vir sommige van Jakob se nageslag, maar nie vir die sondaars nie. Hulle vernietiging is gewis. Nietemin sal Jehovah ‘die gevangenes van Israel laat terugkeer’.—Amos 9:1-15, vgl. NW.

Lesse vir vandag: Diegene wat hulleself vyande van God maak, sal tot die dood veroordeel word. Maar enigiemand wat op die goddelike waarskuwingsboodskap ag slaan om hulle te bekeer, sal Jehovah se barmhartigheid ontvang en bly lewe. As ons God vrees, sal ons nie toelaat dat teëstanders ons daarvan weerhou om sy wil te doen nie.

[Venster op bladsy 22]

BYBELTEKSTE ONDERSOEK

o 1:5—Eertydse stede het hoë mure en groot poorte gehad. Lang yster- of bronsgrendels is aan die binnekant teen hierdie poorte geplaas om hulle te sluit. ‘Die verbreking van die grendel van Damaskus’ het beteken dat die Siriese hoofstad deur die Assiriërs verower sou word. Dit sou wees asof sy stadspoorte nie gesluit kon word nie, omdat hulle grendels gebreek is.—2 Konings 16:8, 9.

o 4:1—Die vroue van Samaria wat weelde liefgehad het, is “koeie van Basan” genoem. Basan se vrugbare weivelde het daartoe bygedra dat goeie diere geteel is (Deuteronomium 32:14; Esegiël 39:18). Hierdie selfsugtige “koeie van Basan” het klaarblyklik hulle “here”, of mans, aangepor om geld van die armes af te dwing sodat hulle hul eie “huise van ivoor” kon vul (Amos 3:15). Sulke dade het egter tot goddelike vergelding gelei.

o 4:6—Die uitdrukking “reinheid van tande” word verduidelik deur die parallelle woord “broodsgebrek”. Dit lyk dus of dit betrekking het op ’n tyd van hongersnood, toe tande skoon was omdat daar niks was om te eet nie. Jehovah het klaarblyklyk sy misnoeë met die afgodsaanbiddende tienstammeryk uitgespreek deur hongersnood na die land te stuur, presies soos hy lank tevore gewaarsku het (Deuteronomium 28:48). Maar nòg dit nòg ander uitsprake van goddelike oordeel, het die hart van hierdie verbondsverbrekende volk bereik.—Amos 4:6, 8-11.

o 5:2, NW—Toe Amos sy profesie uitgespreek het, is die volk sowel as die land Israel nie deur ’n vreemde moondheid onderwerp en weggevoer nie. Hulle is dus as ’n maagd verpersoonlik. Die maagd Israel sou egter binne slegs ’n paar jaar deur die Assiriërs verower word en “anderkant Damaskus in ballingskap” weggevoer word (Amos 5:27). Amos is so seker van Israel se vernietiging vanwee haar ontrouheid dat hy dit beskryf asof dit reeds plaasgevind het.

o 7:1, NW—“Die gemaaide gras van die koning” het heel waarskynlik betrekking gehad op die belasting of heffing wat die koning opgelê het om voedsel vir sy diere en kavallerie te verskaf. Die koning se belasting moes eerste betaal word, waarna die volk die “gras”, of plantegroei, vir hulle eie gebruik kon kry. Maar voordat hulle dit kon doen, het die sprinkane gekom en hierdie latere plantsel opgevreet.

o 8:2, vgl. NW—Somervrugte is aan die einde van die oesseisoen gepluk. Die einde van die landboujaar het derhalwe gesimboliseer dat Israel sy einde bereik het. “Ek sal hulle voortaan nie meer verskoon nie”, het Jehovah gesê. Jehovah se voltrekking van sy oordeel oor die nasie was naby.

o 9:7—As gevolg van hulle getroue voorvaders het Jehovah die Israeliete uitverkies, hulle voorvaders uit Egiptiese slawerny verlos en hulle na Kanaän gebring. Maar hulle het geen rede gehad om hieroor trots te wees nie, want hulle goddeloosheid het hulle dieselfde reputasie as die Kusiete gegee. (Vergelyk Romeine 2:25.) Die verlossing uit Egipte was derhalwe net so min ’n waarborg vir voortgesette goddelike goedkeuring as wat die feit dat die Filistyne en die Siriërs in ander gebiede as hulle vroeëre woonplekke gewoon het ’n waarborg was. Die feit dat die Israeliete van die getroue aartsvaders afgestam het, sou hulle nie red nie. ’n Goedgekeurde verhouding met God hang af van onderworpenheid aan sy wil.—Amos 9:8-10; Handelinge 10:34, 35.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel