Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 8/1 bl. 32
  • Op soek na verborge skatte

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Op soek na verborge skatte
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 8/1 bl. 32

Op soek na verborge skatte

IN 1848 is goud by Sutter’s Mill in Kalifornië, VSA, ontdek. Teen 1849 het duisende mense na die gebied toe gestroom in die hoop dat hulle ’n slag sou slaan, en die grootste goudstormloop in die Amerikaanse geskiedenis was onderweg. Binne ’n jaar het die naaste hawe, San Francisco, van ’n klein dorpie tot ’n stad met 25 000 inwoners gegroei. Die vooruitsig op skielike rykdom was ’n kragtige lokmiddel.

Koning Salomo van eertydse Israel het geweet hoe naarstig manne na ’n verborge skat grawe, en hy het hierna verwys toe hy geskryf het: “Ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef, as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte, dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind.”—Spreuke 2:3-5.

Jy kan baie met goud en silwer doen, maar jy kan meer met insig en onderskeidingsvermoë doen. Dit sal jou help om die regte besluite te neem, probleme op te los, ’n sukses van jou huwelik te maak en geluk te vind (Spreuke 2:11, 12). Ware kennis en wysheid sal jou eweneens help om jou Skepper te ken, sy voornemens te verstaan en hom te gehoorsaam en te behaag. Goud kan jou nie een van hierdie dinge bied nie.

Die Bybel se woorde is waar: “Wysheid is ’n beskutting, geld is ’n beskutting; maar die voordeel van kennis is: die wysheid hou die besitter daarvan in die lewe” (Prediker 7:12). Hoewel baie van skielike rykdom droom, is dit soveel verstandiger om die Bybel oop te slaan en na die onderskeidingsvermoë, insig, kennis en wysheid te delf wat ware rykdom is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel