Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 8/15 bl. 32
  • “Wie verwek die doudruppels?”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Wie verwek die doudruppels?”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 8/15 bl. 32

“Wie verwek die doudruppels?”

’N19DE-EEUSE joernalis het doudruppels beskryf as “die aarde se vloeibare juwele, gevorm deur die lug”. Ons Skepper het die aartsvader Job van die ou tyd gevra: “Wie verwek die doudruppels?” (Job 38:28). God het Job aan die Goddelike oorsprong van die kosbare dou herinner.

Afgesien van die glinsterende, juweelagtige skoonheid daarvan, word dou ook in die Bybel met seëninge, vrugbaarheid, oorvloed en die behoud van lewe geassosieer (Genesis 27:28; Deuteronomium 33:13, 28; Sagaria 8:12). Tydens Israel se warm, reënlose seisoen het “die dou van Hermon” die land se gewasse, en gevolglik ook sy mense, aan die lewe gehou. Op die berg Hermon se beboste en sneeubedekte hoogtes is daar nog steeds in die nag mis wat kondenseer en baie dou veroorsaak. Die psalmis Dawid het die verkwikking wat hierdie dou gebring het, vergelyk met die aangename ondervinding om in eenheid met medeaanbidders van Jehovah te wandel.—Psalm 133:3.

Die profeet Moses se instruksies vir Israel was sag en verkwikkend, soos doudruppels. Hy het gesê: “My woord vloei soos die dou, soos reëndruppels op die grasspruitjies en soos reënbuie op die plante” (Deuteronomium 32:2). Vandag verkondig Jehovah se Getuies die lewegewende goeie nuus van God se Koninkryk tot die uithoeke van die aarde (Matteus 24:14). God rig die uitnodiging: “‘Kom!’ En laat enigeen wat dors is, kom; laat enigeen wat wil die water van die lewe neem, verniet” (Openbaring 22:17). Miljoene mense uit alle nasies aanvaar hierdie aanbod van geestelike verkwikking van God, wat die lewe vir ewig kan onderhou.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel