Onthou jy?
Het jy dit geniet om die onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Wel, kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:
• Waarom kan ons seker wees dat die vervulling van die profesie aangaande “nuwe hemele en ’n nuwe aarde” in Jesaja 65:17-19 meer behels het as die Jode se terugkeer uit ballingskap?
Omdat die apostel Petrus en Johannes, wat hulle briewe in die eerste eeu G.J. geskryf het, na ’n toekomstige vervulling gewys het, wat seëninge behels wat nog moet kom (2 Petrus 3:13; Openbaring 21:1-4).—4/15, bladsye 10-12.
• Waarop is die eertydse Griekse mites oor gewelddadige halfgode dalk gegrond?
Dit is dalk verhale wat oordryf en verdraai is van gebeure voor die Vloed toe party engele menseliggame aangeneem en gewelddadige, onsedelike lewens op aarde gelei het (Genesis 6:1, 2).—4/15, bladsy 27.
• Wat is party gevare waarteen ryp Christene by troues sal waak?
Dit is belangrik om ’n lawaaierige swelgery te vermy, wat kan ontstaan as alkohol vryelik vloei en daar wilde dansery op harde musiek is. Tensy daar duidelik gesê is dat almal welkom is om die onthaal by te woon, sal dié wat nie genooi is nie dit nie bywoon nie. Die bruidegom moet seker maak dat verantwoordelike Christene teenwoordig sal wees totdat die onthaal op ’n redelike tyd eindig.—5/1, bladsye 19-22.
• Wat word bedoel wanneer Psalm 128:3 praat van kinders wat “soos olyfboompies” rondom ’n man se tafel is?
Nuwe lote loop dikwels uit aan die onderkant van die stam van ’n olyfboom. Wanneer die hoofstam van ’n ou boom nie meer veel vrugte dra nie, kan nuwe lote sterk stamme om die ou stam word. Ouers kan hulle eweneens daarin verheug dat hulle kinders vrugte voortbring en Jehovah saam met hulle dien.—5/15, bladsy 27.
• Wat is ’n paar van die voordele wat ’n heilsame gesinsatmosfeer vir kinders inhou?
Dit lê die grondslag vir die regte beskouing van gesag, waardering vir goeie waardes en gelukkige verhoudings met ander. So ’n atmosfeer kan hulle ook help om ’n vriendskap met God op te bou.—6/1, bladsy 18.
• Wat is in ’n land in die Verre-Ooste gedoen om die begrip dat alle Christene broers is duidelik te maak?
Al die gemeentes is aangespoor om nie sekere broers met eretitels aan te spreek nie. Almal moet eerder as broers aangespreek word.—6/15, bladsye 21, 22.
• Aanvaar Jehovah se Getuies medisyne wat uit bloed verkry word?
Ons glo dat die Bybel se gebod dat ons ons ‘van bloed moet onthou’ oortappings van heelbloed of die primêre komponente daarvan (plasma, rooi selle, wit selle en bloedplaatjies) verbied (Handelinge 15:28, 29). Wat die fraksies betref wat uit die primêre komponente verkry word, moet elke Christen self besluit en in ag neem wat die Bybel sê sowel as hoe dit sy verhouding met God raak.—6/15, bladsye 29-31.
• Is dit werklik moontlik om vandag gemoedsrus te vind?
Ja. Deur middel van die Bybel lei Jesus Christus mense na die weg van rein aanbidding en die vrede wat in Jesaja 32:18 beskryf word. Daarbenewens het diegene wat hierdie vrede verkry die vooruitsig om blywende vrede op aarde te geniet ter vervulling van Psalm 37:11, 29.—7/1, bladsy 7.
• Watter rol het George Young in hedendaagse teokratiese geskiedenis gespeel?
Van 1917 af was hy ’n ligdraer van die goeie nuus van die Koninkryk in baie lande. In sy bediening het hy regdeur Kanada gereis, asook na die Karibiese Eilande, na Brasilië en ander lande in Suid-Amerika, na Sentraal-Amerika, na Spanje, na Portugal, na wat destyds die Sowjetunie was en na die Verenigde State.—7/1, bladsye 22-7.
• Wat beteken 1 Korintiërs 15:29 wanneer dit sê dat party “gedoop word met die doel om dooies te word”?
Die punt is: Wanneer Christene deur die heilige gees gesalf word, word hulle in ’n lewensweg gedompel wat tot hulle dood en latere opstanding tot hemelse lewe lei.—7/15, bladsy 17.
• Wat het die apostel Paulus gedoen gedurende die tyd wat al as sy stil jare beskryf is?
Hy het moontlik gehelp om gemeentes in Sirië en Silisië te stig of te versterk. Baie van die beproewinge wat in 2 Korintiërs 11:23-27 gemeld word, moes gedurende hierdie tydperk plaasgevind het, wat toon dat hy in sy bediening bedrywig was.—7/15, bladsye 26, 27.
• Wat kan ons help om redelik te wees in ons verwagtinge?
Ons moet onthou dat Jehovah simpatiek is. Gebed tot hom kan ons help om gebalanseerd te wees in ons denke, en dit toon beskeidenheid. Nog ’n hulpmiddel is om met ’n ryp vriend te praat sodat ons die saak uit ’n nuwe oogpunt kan beskou.—8/1, bladsye 29, 30.