Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 7/1 bl. 3-4
  • Die soeke na innerlike vrede

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die soeke na innerlike vrede
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Wees tevrede en vrygewig
    Ontwaak! — 2018
  • Geluk só ontwykend
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Kan rykdom jou gelukkig maak?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Geloof in God is ’n wonderwerk werklik nodig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 7/1 bl. 3-4

Die soeke na innerlike vrede

ALBERT was ’n gelukkig getroude man met twee lieflike kinders. Maar hy het gevoel dat daar iets in sy lewe ontbreek. Gedurende ’n tyd toe hy gesukkel het om werk te vind, het hy by die politiek betrokke geraak en sosialisme aangeneem. Hy het selfs ’n aktiewe lid van die plaaslike Kommunistiese party geword.

Maar kort voor lank was Albert teleurgesteld met Kommunisme. Hy het sy bande met die politiek verbreek en hom ten volle aan sy gesin gewy. Dit het sy doel in die lewe geword om seker te maak dat hulle gelukkig is. Albert was nietemin nog steeds bewus van ’n knaende leemte in hom; ware innerlike vrede het hom bly ontwyk.

Albert se verhaal is geensins uniek nie. Miljoene mense het al in ’n poging om ’n sinvolle doel in die lewe te vind, verskillende ideologieë, filosofieë en godsdienste ondersoek. In die Westerse wêreld was die hippiebeweging van die 1960’s ’n opstand teen tradisionele sedelike en maatskaplike waardes. Jongmense in die besonder het na geluk en die doel van die lewe gesoek deur middel van breinwysigende dwelms en die filosofieë van die beweging se sogenaamde ghoeroes en hoëpriesters. Die hippiebeweging het nogtans nie daarin geslaag om ware geluk mee te bring nie. Dit het eerder gehelp om dwelmslawe en promiskue jongmense voort te bring, wat die samelewing se verval in sedelike verwarring versnel het.

Eeue lank al streef baie mense geluk na deur middel van rykdom, mag of geleerdheid. Hierdie strewes lei uiteindelik tot teleurstelling. “Selfs wanneer iemand oorvloed het”, het Jesus gesê, “spruit sy lewe nie voort uit die dinge wat hy besit nie” (Lukas 12:15). Die vasbeslote najaging van rykdom lei gewoonlik eerder tot verdriet. Die Bybel sê: “Dié wat . . . vasbeslote is om ryk te wees, val in versoeking en ’n strik en talle sinnelose en skadelike begeertes, wat mense in vernietiging en verderf stort. Want die liefde vir geld is ’n wortel van allerhande skadelike dinge, en deur hierdie liefde na te streef, [het] party . . . hulleself oral met baie pyne deurboor.”—1 Timoteus 6:9, 10.

Hoe kan ’n mens dan innerlike vrede en ’n doel in die lewe vind? Is dit maar ’n saak van leer en probeer, soos om in die donker ’n pyl na ’n bewegende teiken te skiet? Genadiglik nie. Soos ons in die volgende artikel sal sien, lê die oplossing in die bevrediging van ’n behoefte wat baie belangrik en inderdaad uniek aan die mens is.

[Prent op bladsy 3]

Sal ’n najaging van rykdom, mag of geleerdheid jou help om innerlike vrede te vind?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel