Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w06 8/1 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Gelukkig is die mens wat wysheid gevind het’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
w06 8/1 bl. 31

Vrae van lesers

Hoe weet ons dat die beskrywing van wysheid in Spreuke 8:22-31 na Jesus Christus in sy voormenslike bestaan verwys?

In die boek Spreuke vind ons hierdie geïnspireerde beskrywing van wysheid: “Jehovah het my voortgebring as die begin van sy weg, die vroegste van sy werke van lank gelede. . . . Voordat die berge gevestig is, vóór die heuwels, is ek asof met geboortepyne voortgebring . . . Toe hy die hemele berei het, was ek daar; . . . toe het ek ’n meesterwerker naas hom geword, en ek het die een geword vir wie hy dag na dag besonder lief was, terwyl ek die hele tyd voor hom verheug was, . . . en die dinge waarvoor ek lief was, was by die mensekinders.”

Hierdie gedeelte kan nie bloot van goddelike wysheid of abstrakte wysheid praat nie. Waarom nie? Want die wysheid wat hier beskryf word, is “voortgebring”, of geskep, as die begin van Jehovah se weg. Jehovah God het nog altyd bestaan en hy was nog altyd wys (Psalm 90:1, 2). Sy wysheid het geen begin gehad nie; dit is nie geskep of gemaak nie. Dit is nie “asof met geboortepyne voortgebring” nie. Daarbenewens word daar gesê dat hierdie wysheid praat en optree, wat te kenne gee dat dit na ’n persoon verwys.—Spreuke 8:1.

Die boek Spreuke sê dat wysheid lank gelede “’n meesterwerker” naas Jehovah, die Skepper, was. Dit is beslis op Jesus van toepassing. Lank voordat Jesus aarde toe gekom het, het hy so nou saam met Jehovah gewerk dat God se Woord sê: “Hy is voor alle ander dinge, en deur middel van hom is alle ander dinge tot stand gebring.”—Kolossense 1:17; Openbaring 3:14.

Dit is gepas om die Seun van God as wysheid uit te beeld, aangesien hy die Een is wat Jehovah se wyse voornemens en gebooie geopenbaar het. Gedurende sy voormenslike bestaan was Jesus die Woord van God, of God se Woordvoerder (Johannes 1:1). Hy word beskryf as “die krag van God en die wysheid van God” (1 Korintiërs 1:24, 30). Wat ’n pragtige beskrywing tog van die Seun van God, wie se liefde vir die mensdom hom beweeg het om sy lewe as ’n losprys ten behoewe van hulle te gee!—Johannes 3:16.

[Prent op bladsy 31]

‘Voordat die berge gevestig is, is ek voortgebring’

    Afrikaanse publikasies (1975-2022)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2022 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel