Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w11 8/1 bl. 4-6
  • Wat moet kinders leer?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat moet kinders leer?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak! – 2019
  • Deel 2: Hersiening
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Deel 3: Hersiening
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Deel 4: Hersiening
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
w11 8/1 bl. 4-6

Wat moet kinders leer?

“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om te onderrig, om tereg te wys, om dinge reg te stel, om in regverdigheid te dissiplineer.”—2 TIMOTEUS 3:16.

KINDERS moet die waarheid oor God geleer word. Waar kan hulle hierdie waarheid leer? Uit die mees gerespekteerde godsdiensboek in die wêreld, die Bybel.

Die Bybel is soos ’n brief van God af. In hierdie brief openbaar God sy persoonlikheid en voorsien hy sedelike leiding vir al sy kinders, jonk sowel as oud. Kyk na net ’n paar van die leringe in die Bybel en die lesse wat selfs jong kinders daaruit kan leer.

Wat wil God hê moet ons omtrent hom weet?

◼ Wat die Bybel leer: “U, wie se naam Jehovah is, U alleen [is] die Allerhoogste oor die hele aarde.”—Psalm 83:18.

Les: God is nie ’n onpersoonlike krag nie, maar hy is ’n werklike Persoon met ’n unieke persoonlike naam.

◼ Wat die Bybel leer: “Jehovah deursoek alle harte, en hy onderskei elke neiging van die gedagtes. As jy hom soek, sal hy hom deur jou laat vind.”—1 Kronieke 28:9.

Les: Jehovah God gee om vir ons almal, met inbegrip van klein kindertjies (Psalm 10:14; 146:9). Hy wil hê dat ons van hom moet leer.

◼ Wat die Bybel leer: “Julle mag geen . . . vaderlose seun verdruk nie. As jy hom hoegenaamd verdruk, dan sal ek, as hy enigsins tot my roep, sy geroep sekerlik hoor.”—Eksodus 22:22-24.

Les: Jehovah luister selfs na klein kindertjies se gebede. Ons kan gereeld met God praat en hom vertel van ons diepste gedagtes en gevoelens.

◼ Wat die Bybel leer: “Keer op keer het hulle God op die proef gestel, en hulle het die Heilige van Israel bedroef.”—Psalm 78:41.

Les: Wat ons sê en doen, het ’n uitwerking op Jehovah se gevoelens, daarom moet ons dink voordat ons iets sê of doen.

Hoe moet ons diegene behandel wat anders is as ons?

◼ Wat die Bybel leer: “God [is] nie partydig . . . nie, maar in elke nasie is die mens wat hom vrees en regverdigheid beoefen, vir hom aanneemlik.”—Handelinge 10:34, 35.

Les: Aangesien God mense uit alle agtergronde aanvaar, moet ons nie diskrimineer teen ander net omdat hulle velkleur of hulle gelaatstrekke anders is as ons s’n nie.

◼ Wat die Bybel leer: “Wees altyd gereed om julle te verdedig voor elkeen wat van julle ’n rede vir die hoop in julle eis, maar doen dit met sagmoedigheid en diep respek.”—1 Petrus 3:15.

Les: Wanneer ons oor godsdiens praat, moet ons ons beskouings met oortuiging uitdruk, maar sonder om aggressief te wees. Ons moet ook respek toon teenoor diegene wie se godsdiensoortuigings anders is as ons s’n.

Hoe moet ons gesinslede behandel?

◼ Wat die Bybel leer: “Kinders, wees in alles aan julle ouers gehoorsaam, want dit is welbehaaglik in die Here.”—Kolossense 3:20.

Les: Gehoorsame kinders toon nie net dat hulle hulle ouers liefhet nie, maar ook dat hulle God wil behaag.

◼ Wat die Bybel leer: “Hou aan om mekaar te verdra en mekaar vryelik te vergewe as iemand rede tot klagte teen ’n ander het. Net soos Jehovah julle vryelik vergewe het, so moet julle ook doen.”—Kolossense 3:13.

Les: Ander mense, insluitende ons gesinslede, sal ons soms teleurstel. Maar as ons wil hê dat God ons moet vergewe, moet ons leer om ander te vergewe.—Matteus 6:14, 15.

Waarom moet ons eerlik en goedhartig wees?

◼ Wat die Bybel leer: ‘Lê onwaarheid af en praat die waarheid, elkeen van julle met sy naaste.’—Efesiërs 4:25.

Les: Wanneer ons die waarheid praat, volg ons God na en maak ons hom gelukkig. As ons in die gewoonte verval om leuens te vertel, word ons soos God se vyand, die Duiwel, wat “die vader van die leuen” is.—Johannes 8:44; Titus 1:2.

◼ Wat die Bybel leer: “Behandel ander soos jy graag wil hê hulle jou moet behandel.”—Matteus 7:12, “Contemporary English Version”.

Les: Ons moet die gevoelens, menings en behoeftes van ons gesinslede en ander in ons gemeenskap in ag neem. Wanneer ons “meegevoel” betoon, sal ander meer geneig wees om ons goedhartig te behandel.—1 Petrus 3:8; Lukas 6:38.

Soos hierdie voorbeelde toon, kan die lesse in die Bybel kinders help om dankbare, respekvolle, medelydende volwassenes te word. Maar wie moet kinders hierdie lesse leer?

    Afrikaanse publikasies (1975-2022)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2022 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel