Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w13 5/1 bl. 15
  • Antwoorde op Bybelvrae

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • Sal God my vergewe?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • ’n God wat ‘vryelik vergewe’
    Kom nader aan Jehovah
  • Vergeet God wanneer hy vergewe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Jehovah, ’n God wat “vergewensgesind” is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
w13 5/1 bl. 15

ANTWOORDE OP BYBELVRAE

Kan ons sondes vergewe word?

Dit is nie te moeilik om God se goedkeuring te verkry nie

Volgens die Bybel is alle mense sondaars. Ons het die neiging om te sondig, geërf van die eerste mens, Adam. Daarom doen ons soms slegte dinge en voel ons dalk later spyt oor wat ons gedoen het. God se Seun, Jesus Christus, het vir ons sondes betaal deur vir ons te sterf. Sy losprysoffer het vergifnis moontlik gemaak. Dit is ’n gawe van God.—Lees Romeine 3:23, 24.

Party mense het ernstige sondes gepleeg en wonder of God hulle kan vergewe. Gelukkig sê die Woord van God: “Die bloed van Jesus, sy Seun, reinig ons van alle sonde” (1 Johannes 1:7). Jehovah is bereid om selfs ernstige sondes te vergewe as ons ’n gepaste, berouvolle gesindheid het.—Lees Jesaja 1:18.

Wat moet ons doen om vergifnis te kry?

As ons wil hê dat Jehovah God ons moet vergewe, moet ons van hom leer—ons moet sy weë, sy raad en sy vereistes verstaan (Johannes 17:3). Jehovah sal diegene wat berou het oor hulle slegte gedrag en probeer verander, ruimhartig vergewe.—Lees Handelinge 3:19.

Dit is nie vir ons te moeilik om God se goedkeuring te verkry nie. Jehovah verstaan ons swakhede. Hy is barmhartig en goedhartig. Beweeg sy liefderyke goedhartigheid jou nie om meer te wil leer oor hoe jy hom kan behaag nie?—Lees Psalm 103:13, 14.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel