Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w13 11/15 bl. 8-9
  • Hoe ons in die behoeftes van ander kan voorsien

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe ons in die behoeftes van ander kan voorsien
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulle oorvloed het ’n tekort aangevul
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • “Die werk is groot”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Jehovah seën ’n gewillige gees ryklik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
w13 11/15 bl. 8-9

Hoe ons in die behoeftes van ander kan voorsien

“KORT ná ’n betwiste verkiesing het daar geweld uitgebreek, wat duisende Getuies van Jehovah gedwing het om uit hulle huise te vlug”, vertel François, ’n ouer man in ’n ontwikkelende land. “Kos en medisyne het skaars geword en wat oorgebly het, was baie duur. Banke het toegemaak en OTM’s was leeg of van lyn af.”

Broers van die takkantoor het sonder versuim begin om geld en noodvoorraad af te lewer vir ontwortelde Getuies wat by Koninkryksale regoor die land bymekaargekom het. Strydende faksies het padblokkades opgestel, maar omdat albei partye geweet het dat die Getuies streng neutraal is, is die takkantoor se voertuie gewoonlik toegelaat om verby te gaan.

“Toe ons op pad was na een Koninkryksaal, het skerpskutters op ons voertuig begin skiet”, sê François. “Maar die koeëls het tussen ons verbygevlieg. Toe ons sien hoe ’n soldaat met sy wapen in sy hand na ons aangehardloop kom, het ons die voertuig onmiddellik in trurat gesit, omgedraai en na die takkantoor teruggejaag. Ons was dankbaar teenoor Jehovah dat ons lewe. Die volgende dag het die 130 broers wat in daardie Koninkryksaal was, ’n veilige skuiling gevind. Party het na die takkantoor gekom, waar ons na hulle geestelike en materiële behoeftes omgesien het totdat die krisis verby was.”

“Die takkantoor het later baie briewe van broers van regoor die land ontvang waarin hulle hulle diepe waardering uitgespreek het”, sê François. “Om te sien hoe hulle broers van ander plekke aan hulle hulp verleen het, het hulle vertroue in Jehovah laat toeneem.”

Wanneer mensgemaakte rampe en natuurrampe plaasvind, sê ons nie vir ons behoeftige broers en susters om ‘warm en goed gevoed te bly nie’ (Jak. 2:15, 16). Ons probeer eerder om in hulle fisiese behoeftes te voorsien. Nadat die dissipels in die eerste-eeu ’n waarskuwing oor ’n naderende hongersnood ontvang het, het hulle eweneens “besluit om, elkeen volgens wat hy kon bekostig, iets vir noodleniging aan die broers te stuur wat in Judea woon”.—Hand. 11:28-30.

As knegte van Jehovah wil ons behoeftige persone graag materieel help. Maar mense het ook ’n geestelike behoefte (Matt. 5:3). Om hulle te help om bewus te word van hierdie behoefte en stappe te doen om dit te bevredig, het Jesus sy volgelinge die opdrag gegee om dissipels te maak (Matt. 28:19, 20). Elkeen van ons wy baie van ons tyd, energie en middele daaraan om hierdie opdrag uit te voer. As ’n organisasie gebruik ons van ons bydraes om materiële hulp te verleen, maar bydraes word hoofsaaklik gebruik om Koninkryksbelange te bevorder en om die goeie nuus te verkondig. Sodoende toon ons ons liefde vir God en vir ons naaste.—Matt. 22:37-39.

Diegene wat die wêreldwye werk van Jehovah se Getuies ondersteun, kan seker wees dat hulle bydraes op gepaste en doeltreffende wyse gebruik word. Kan jy help om verligting te bring aan jou broers en susters wat hulp nodig het? Wil jy die dissipelmaakwerk ondersteun? Indien wel, “moenie die goeie terughou van dié aan wie dit toekom wanneer dit in die mag van jou hand is om dit te doen nie.”—Spr. 3:27

HOE PARTY BESLUIT OM VIR DIE WÊRELDWYE WERK BY TE DRA

Soos in die apostel Paulus se dag is daar vandag baie wat “iets opsysit”, of ’n bedrag begroot, en dit gooi in die gemeente se bydraebussies wat “Wêreldwye werk” gemerk is (1 Kor. 16:2). Elke maand stuur gemeentes hierdie skenkings na die takkantoor van Jehovah se Getuies wat oor hulle land toesig hou. Jy kan bydraes ook regstreeks stuur aan ’n regspersoon wat deur Jehovah se Getuies in jou land gebruik word. As jy die naam wil uitvind van die regspersoon wat deur Jehovah se Getuies in jou land gebruik word, moet jy asseblief in verbinding tree met die takkantoor wat oor jou land toesig hou. Die adres van die takkantoor kan gevind word op www.jw.org. Die soorte bydraes wat jy regstreeks kan stuur, is:

  • REGSTREEKSE SKENKINGS

    • Skenkings van kontant, juweliersware of ander waardevolle persoonlike eiendom.

    • Sluit ’n brief in wat sê dat die kontant of die items ’n regstreekse skenking is.

  • BEPLANDE SKENKINGS

    Benewens geldskenkings en waardevolle persoonlike eiendom is daar ander maniere waarop ’n mens kan gee om Koninkryksdiens in alle wêrelddele te bevorder. Hierdie metodes word hieronder uiteengesit. Ongeag watter metode of metodes jy wil gebruik, tree asseblief eers in verbinding met die takkantoor wat oor jou land toesig hou om uit te vind hoe jy in jou land ’n skenking kan maak. Aangesien wetlike vereistes en belastingwette verskil, is dit belangrik om gekwalifiseerde belastingkonsultante en regsadviseurs te raadpleeg voordat jy besluit wat die beste manier is om ’n skenking te maak.

    Versekering: ’n Skenking kan gemaak word deur ’n regspersoon wat deur Jehovah se Getuies gebruik word, as die begunstigde te benoem van ’n lewensversekeringspolis of ’n aftreeannuïteit/ pensioenskema.

    Bankrekeninge: Bankrekeninge, depositosertifikate of persoonlike aftreerekeninge kan in trust gehou word of kan by afsterwe betaalbaar gemaak word aan ’n regspersoon wat deur Jehovah se Getuies gebruik word, in ooreenstemming met plaaslike bankvereistes.

    Aandele en obligasies: Aandele en obligasies kan as ’n regstreekse skenking geskenk word aan ’n regspersoon wat deur Jehovah se Getuies gebruik word, of hierdie regspersoon kan as ’n begunstigde in ’n sterfte-uitkering benoem word.

    Vaste eiendom: Tree asseblief eers met die takkantoor in verbinding as jy vaste eiendom wil skenk. Die takkantoor sal vasstel of die vaste eiendom gebruik kan word en of dit beter sal wees om dit te verkoop en die geld aan die wêreldwye werk te skenk.

    Testamente en trusts: Eiendom of geld kan deur middel van ’n wettige testament bemaak word aan ’n regspersoon wat deur Jehovah se Getuies gebruik word, of hierdie regspersoon kan as die begunstigde van ’n trustooreenkoms benoem word. Hierdie reëling kan sekere belastingvoordele inhou. Die regspersoon wat deur Jehovah se Getuies in jou land gebruik word, kan as die begunstigde in ’n testament of trust benoem word. Dit moenie as die eksekuteur, administrateur of trustee van jou boedel benoem word nie.

As jy meer inligting wil hê, kan jy skriftelik of per telefoon in verbinding tree met die Rekeningafdeling by die takkantoor wat oor jou land toesig hou.

REKENINGAFDELING

Sien die adres van die takkantoor op www.jw.org.

    Afrikaanse publikasies (1975-2021)
    Teken af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel