Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/88 bl. 4
  • Bied Die Goeie Nuus Aan—Met vreugde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied Die Goeie Nuus Aan—Met vreugde
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WEES DAAROP INGESTEL OM MENSE TE HELP
  • ’N POSITIEWE GESINDHEID
  • Vreugde — ’n Eienskap wat ons van God kry
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Wees blymoedig in ’n wêreld vol moeilikheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Dien Jehovah met vreugde van hart
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Op ’n manier wat persoonlike vreugde verskaf
    Ons Koninkryksbediening—1985
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 5/88 bl. 4

Bied Die Goeie Nuus Aan​—Met vreugde

1 Jesus Christus het groot vreugde uit sy bediening geput. Dit was vir hom voedsel om sy Vader se wil te doen (Joh. 4:34). Paulus het eweneens groot vreugde uit sy werk in die bediening geput. Wat was die geheim wat hulle in staat gestel het om vreugde in die bediening te smaak ondanks die talle ontberinge en vervolginge wat hulle moes verduur? Hulle diens aan Jehovah was heelhartig. Hulle het hard in hulle Godgegewe toewysings gewerk, en die gevolg was vreugde as gevolg van hulle moeisame arbeid (Joh. 13:17, NAV; Openb. 14:13, NW). Hoe kan jy groter vreugde uit die bediening put terwyl jy Jehovah dien?

WEES DAAROP INGESTEL OM MENSE TE HELP

2 Jesus Christus en Paulus was uitstekende onderrigters. Hulle het probeer om die harte te bereik van diegene wat geluister het. Talle het nie gunstig gereageer nie, maar die wat wel gehoor gegee het, was ’n ware rede tot vreugde. (Filip. 4:1; vergelyk Lukas 15:7.) Ja, as ons mense help om van Jehovah te leer en sien hoe hulle ’n standpunt vir die waarheid inneem, maak dit ons gelukkig. In die eerste eeu het “die bekering van die heidene” “aan al die broeders groot vreugde verskaf”.​—Hand. 15:3.

3 Jy kan ook hierdie vreugde smaak deur wat jy weet op bekwame wyse met ander te deel. Jehovah se organisasie het uitstekende instrumente voorsien om ons te help terwyl ons ander die waarheid leer. Ons het byvoorbeeld die ‘Onderwerp vir gesprekke’ in Ons Koninkryksbediening. Daar is ook die Redenering-boek met sy talle belangwekkende inleidings en antwoorde op belangrike vrae wat mense vra. Wanneer jy jou vir die bediening voorberei, moet jy dink aan hoe jy voorstelle in Ons Koninkryksbediening en die Redenering-boek kan gebruik om die wat in jou omgewing woon te help. Span jou in om mense te help om op die weg na redding te kom deur deeglik voorberei te wees om goeie gesprekke met hulle aan te knoop. Dit kan tot produktiewe Bybelstudies en groter vreugde in ons diens lei.​—Jak. 1:25.

’N POSITIEWE GESINDHEID

4 Hou die doel van die bediening in gedagte, hetsy jy as ’n verkondiger of ’n pionier dien (Matt. 24:14; 28:19). Die verkondiging van die goeie nuus tot ’n getuienis is ’n toewysing deur God. Dit is ’n voorreg, en ons moet besef dat wat Jehovah van sy knegte vra nie swaar is nie (1 Joh. 5:3). Hy wil hê dat sy volk sy diens moet geniet. Selfs al reageer talle nie gunstig op die predikingswerk nie, kan jy gevolglik steeds groot vreugde in die bediening smaak. Hoe so?

5 Jesus se dissipels het groot vreugde in hulle bediening gesmaak, en hy het aan hulle verduidelik wat hulle vernaamste rede tot vreugde behoort te wees (Luk. 10:17-20). Die “groot menigte”, wat die hoop op aardse lewe het, het ook alle rede om hulle te verheug (Openb. 7:9,  10). Hetsy jy ’n hoop op hemelse of aardse lewe het, die feit dat jy God se wil doen, behoort jou groot vreugde te verskaf omdat jou “arbeid in die Here nie tevergeefs is nie” (1 Kor. 15:58). Jehovah “is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefdearbeid wat julle betoon het vir sy Naam” (Hebr. 6:10). Heelhartige diens aan Jehovah is ’n bron van vreugde vir diegene wat hom liefhet.​—Ps. 40:8, NW.

6 ’n Christen moet sy diens aan God geniet. Gaan voort om vreugde uit die bediening te put, in die versekering dat Jehovah selfs die geringste daad van opregte toegewydheid waardeer. (Vergelyk Markus 12:41-44.) Mag ons almal aanhou om ‘ons bediening te verheerlik’ en die vreugde te smaak wat dit meebring.​—Rom. 11:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel