Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/93 bl. 1
  • Help ander om van die grootste mens te leer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help ander om van die grootste mens te leer
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Nooi ander om die grootste mens te volg
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Nuwe boek gryp miljoene aan
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • ’n Boek wat mense help
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Lesers se reaksie op die Jongmense vra-boek
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 6/93 bl. 1

Help ander om van die grootste mens te leer

1 Talle wat al die boek Die grootste mens wat nog geleef het gelees het, het opregte waardering uitgespreek vir die invloed wat dit op hulle lewe gehad het. Een het geskryf: “Toe ek die boek deurgelees het, het dit vir my gevoel of Jesus my genooi het om met hom te assosieer, om saam met hom te wandel, om ’n deel te hê aan sy lyding, sy emosies, elke aspek van sy bediening. . . . Om die boek te lees, is soos om na ’n rolprent oor Jesus se lewe te kyk.”

2 Die Grootste mens-boek help ons nie net om Jesus nie, maar ook Jehovah beter te leer ken (Joh. 14:9). Een 12-jarige het oor die boek gesê: “Dit het my so bemoedig dat ek met trane van vreugde tot Jehovah gebid het toe ek dit gelees het. Diep binne-in my het ek die versekering gehad dat Jehovah en Jesus oor ons waak.” Jesus het volgens Johannes 17:3 gesê dat dit vir ons die ewige lewe beteken om Jehovah en sy Seun te ken. ’n Studie van hierdie boek oor Jesus se lewe gee ons besondere insig in Jehovah se persoonlikheid omdat Jesus “die presiese afdruksel van sy wese” is.—Hebr. 1:3.

3 Meer as 19 miljoen eksemplare van die Grootste mens-boek is al in oor die 70 tale gedruk. Dit toon hoe goed die boek ontvang word. Talle lees die boek deur sodra hulle dit kry. Een belangstellende man het dit deurgelees binne twee weke nadat hy dit gekry het. ’n Geestelike wat die boek geneem het, het gesê: “Ek kan die boek nie neersit nie. Ek en my vrou lees elke aand daaruit voordat ons gaan slaap.”

4 Informele getuieniswerk: Een broer het die Grootste mens-boek vir mense by sy werk gewys. Mense het gehoor dat hy hierdie boek het, en hulle het onder mekaar oor die inhoud daarvan gepraat. Sy medewerkers het ’n lys gemaak van dié wat ’n eksemplaar wou hê. Hy het 461 boeke versprei! Vyf van dié wat die boek geneem het, studeer nou. ’n Suster het, terwyl sy per vliegtuig gereis het, die Grootste mens-boek by ’n priester gelaat wat op pad was na die ordening van ’n nuwe kardinaal. Die priester was toe al 40 jaar in die Vatikaan. Ons almal moet geleenthede om die boek by ander aan te beveel ten volle benut.

5 Jongmense waardeer dit: Jongmense stel baie in die boek belang. Een negejarige het geskryf: “Die grootste mens wat nog geleef het is my gunstelingboek omdat ek baie daaruit leer.” Wanneer ons jongmense in die velddiens ontmoet, moet ons die tyd neem om hulle, as hulle ouers daartoe instem, die boek te wys en ’n paar van die glanspunte en die prente met hulle te bespreek. Ons sal moontlik boeke by hierdie jongmense kan laat. Wanneer hedendaagse jongmense die geleentheid gebied word om Jesus te leer ken, kan hulle hulle met hom vereenselwig. Jesus was genaakbaar.—Matt. 19:14, 15.

6 Dit kan mense se lewe verander as hulle die Grootste mens-boek lees. Probeer die inhoud daarvan bekend maak aan soveel mense as moontlik. Gebruik die materiaal op die laaste bladsy van die boek se inleiding onder die onderhofie “Vind baat daarby om van hom te leer”. Hierdie materiaal sal mense help om te sien hoe hulle daaruit kan voordeel trek as hulle die boek lees. Baie in jou gebied sal dalk dieselfde sê as wat een persoon gesê het nadat hy die boek gelees het: “Dit is die beste boek wat ek nóg gelees het! Dit het my lewe verander.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel