Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/97 bl. 1
  • “Betoon julle dankbaar”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Betoon julle dankbaar”
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • “Toon dat julle dankbaar is”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
Ons Koninkryksbediening—1997
km 3/97 bl. 1

“Betoon julle dankbaar”

1 Die meeste van ons is gedurende ons kinderjare geleer om “asseblief” en “dankie” te sê wanneer iemand hoflikheid en goedhartigheid teenoor ons betoon het. Paulus vermaan ons om ‘ons altyd dankbaar te betoon’, en ons moet veral dankbaar wees teenoor Jehovah (Kol. 3:15, 16). Maar hoe kan ons dankbaarheid teenoor ons Grootse Skepper betoon? En watter spesiale redes het ons om teenoor hom dankbaar te wees?

2 Die apostel Paulus het geskryf: “Aan God die dank, want hy gee ons die oorwinning deur ons Here Jesus Christus!” (1 Kor. 15:57). Ons word elke jaar gedurende die Gedenkmaalseisoen herinner aan die grenslose liefde wat God sowel as Christus getoon het deur die losprys te voorsien wat ons die hoop op die ewige lewe gee (Joh. 3:16). Hoe dankbaar is ons tog vir Jesus se belofte van die opstanding, aangesien byna almal van ons geliefdes aan die dood afgestaan het! Ons harte loop oor van dankbaarheid wanneer ons nadink oor die vooruitsig om die einde van hierdie stelsel te oorleef sonder om ooit te sterf (Joh. 11:25, 26). Dit is moeilik om woorde van dank te vind vir al die wonderlike seëninge wat ons in die komende aardse Paradys nog uit Jehovah se hand sal ontvang (Op. 21:4). Watter beter redes kan enigiemand hê om ‘hom dankbaar te betoon’ teenoor God?

3 Hoe om dank teenoor God te betuig: Dit is altyd gepas om ons dank in gebed tot Jehovah te betuig vir sy goedheid (Ps. 136:1-3, NW). Ons word ook beweeg om ons dank op ander positiewe maniere te betuig. Ons sal byvoorbeeld beslis op Sondag, 23 Maart, die herdenking van Christus se dood bywoon. As ons in die materiële behoeftes van die plaaslike gemeente en van die wêreldwye werk help voorsien, ‘eer ons Jehovah graag met ons waardevolle dinge’ (Spr. 3:9, NW). Ons ondersteun die ouer manne ten volle en werk saam met hulle en toon sodoende ons dankbaarheid teenoor Jehovah vir die hulp wat hy deur middel van hulle voorsien (1 Tess. 5:12, 13). Ons streef elke dag daarna om onberispelike gedrag te handhaaf wat God se naam verheerlik (1 Pet. 2:12). Jehovah skep behae in al hierdie bewyse van ons dankbaarheid.—1 Tess. 5:18.

4 Ons beste dankbetuiging: Van die beste maniere waarop ons opregte dank teenoor ons Skepper kan betuig vir alles wat hy vir ons gedoen het, is om ’n heelhartige deelname aan die Koninkrykspredikingswerk te hê, Jehovah se naam te vereer, dankbaarheid in gebed te betuig en die waarheid lojaal te verdedig. Jehovah skep behae daarin as hy sien dat ons heilige diens aan hom lewer ter ondersteuning van sy wil “dat alle soorte mense gered moet word” (1 Tim. 2:3, 4). Dit is waarom soveel verkondigers wat die nodige reëlings kan tref die oproep beantwoord wat in Ons Koninkryksbediening vir Februarie verskyn het om gedurende een of meer van die maande Maart, April en Mei as hulppioniers te dien. As ons ’n ekstra poging in die bediening aanwend, is dit ’n goeie manier om ‘ons dankbaar te betoon’ teenoor God. Sal jy by die pioniers kan aansluit in April? in Mei?

5 Ons is ’n gewisse hoop gegee om vir ewig te kan lewe. Wanneer ons dit sien gebeur, sal ons elke dag verdere oorvloedige redes hê om aan te hou om Jehovah vreugdevol te bedank.—Ps. 79:13, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2021)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel