Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/04 bl. 1
  • Toon julle dankbaarheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toon julle dankbaarheid
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • “Betoon julle dankbaar”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • “Toon dat julle dankbaar is”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • “Betoon julle dankbaar”
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Dankbaar vir wat ons het
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2004
km 5/04 bl. 1

Toon julle dankbaarheid

1 Hoewel ons in ‘kritieke tye lewe wat moeilik is om deur te kom’, het ons baie redes om dankbaar te wees teenoor Jehovah (2 Tim. 3:1). Die vernaamste rede is die kosbare gawe van sy Seun wat hy ten behoewe van ons gegee het (Joh. 3:16). Daarbenewens geniet ons ’n oorvloed geestelike voedsel, terwyl diegene in valse godsdiens geestelik honger ly (Jes. 65:13). Ons behoort aan ’n wêreldwye broederskap en is bevoorreg om deel te neem aan die opwindende uitbreiding van ware godsdiens (Jes. 2:3, 4; 60:4-10, 22). Hoe kan ons ons dankbaarheid teenoor Jehovah toon vir die seëninge wat hy op ons uitstort?—Kol. 3:15, 17.

2 Vreugdevolle, heelhartige diens: Toe die apostel Paulus materiële gawes bespreek het, het hy geskryf: “God het ’n blymoedige gewer lief” (2 Kor. 9:7). Hierdie beginsel is ook op ons diens aan God van toepassing. Ons weerspieël ons dankbaarheid in ons geesdrif vir die waarheid, ons vreugde by Christelike vergaderinge, ons ywer in die veldbediening en ons blymoedigheid om God se wil te doen.—Ps. 107:21, 22; 119:14; 122:1; Rom. 12:8, 11.

3 In eertydse Israel het die Wet nie ’n spesifieke hoeveelheid vir sekere offerandes voorgeskryf nie. Elke aanbidder kon sy dankbaarheid toon deur “ooreenkomstig die seën van Jehovah” wat hy ontvang het, te gee (Deut. 16:16, 17). Net so vandag sal ’n hart vol waardering ons beweeg om na gelang van ons omstandighede soveel moontlik in die Koninkrykspredikings- en dissipelmaakwerk te doen. Sommige maak gebruik van verlof of skoolvakansies om meer tyd in die velddiens te bestee, en selfs aan die hulppionierdiens deel te neem.

4 Loop oor van dankbaarheid: ’n Belangrike manier waarop ons ons dankbaarheid teenoor Jehovah toon, is deur gebed (1 Tess. 5:17, 18). God se Woord spoor ons aan om ‘oor te loop van geloof in danksegging’ (Kol. 2:7). Selfs wanneer ons baie besig is of onder druk verkeer, moet ons danksegging altyd ’n deel van ons daaglikse gebede maak (Fil. 4:6). Ja, laat ons, deur ons bediening sowel as ons gebede, “ryk . . . wees aan baie dankbetuigings aan God”.—2 Kor. 9:12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2021)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel