Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 13 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. As die wenke op bladsy 4 vir julle gemeente se gebied prakties is, kan dit gebruik word om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 September en die Ontwaak! van 22 September aangebied kan word. Ander aanbiedings kan gebruik word. Ná elke demonstrasie moet die aandag kortliks op ’n nuttige aspek van die aanbieding gevestig word.
20 min: “Hou jou oog eenvoudig.”a Gebruik die vrae wat voorsien word. Vestig die aandag op die teksverwysings na gelang van die tyd.
15 min: Jehovah se Woord is lewend. ’n Toespraak. ’n Reeks artikels met die titel “Jehovah se Woord is lewend” het in gekose nommers van Die Wagtoring begin verskyn om ons te help om meer by die weeklikse Bybelleesprogram vir die Teokratiese Bedieningskool baat te vind. Gebruik Die Wagtoring van 15 September 2004, bladsye 24-7, en meld die kenmerke van hierdie artikels. Ná ’n algemene oorsig word party van die moeilike Skrifgedeeltes verduidelik in die deel “Skriftuurlike vrae beantwoord”. Die deel “Lesse vir ons” vestig die aandag op die praktiese waarde van die inligting in die leesgedeelte. Bespreek ’n paar spesifieke voorbeelde om toe te lig hoe hierdie reeks ons sal help om ’n beter begrip van God se Woord te verkry. Spoor almal aan om hierdie voorsiening ten volle te benut wanneer ons die boek Deuteronomium begin lees.
Lied 162 en slotgebed.
Week wat begin met 20 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien hoogtepunte van die brief van die takkantoor, wat op die voorblad van hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening verskyn. Spoor almal aan om Numeri 16:1-35 te lees en dan na die video Respect Jehovah’s Authority te kyk ter voorbereiding vir die Diensvergadering van die week van 4 Oktober. In plattelandse gebiede moet die ouer manne hierdie video probeer wys vir gesinne wat nie toegang tot videotoerusting het nie. Dit kan gedoen word deur te reël dat die video in die Koninkryksaal gewys word op ’n aand wanneer daar nie ’n vergadering is nie of deur ná die boekstudie daarna te kyk. Die video moet egter nie in die plek van die openbare toespraak gewys word nie. Plattelandse gemeentes wat nie toegang tot videotoerusting kan kry om na die video te kyk nie, kan die tyd gebruik om plaaslike behoeftes te bespreek.
15 min: Hoe het ons verlede jaar gevaar? Toespraak deur ’n ouer man oor die gemeenterapport vir die 2004-diensjaar. Beklemtoon aanmoedigende aspekte van die rapport, en prys die gemeente vir hulle goeie werk. Vestig die aandag op die harde werk van die pioniers. Meld een of twee aspekte waaraan die gemeente in die komende jaar kan aandag gee.
20 min: “Maak goed van die Bybel gebruik.”b Gebruik die vrae wat voorsien word. Die inleiding moet gegrond wees op die Bedieningskool-boek, bladsy 145, paragrawe 2-3. Sluit twee kort demonstrasies in, een van ’n eerste besoek en een van ’n herbesoek, wat toon hoe die wenke toegepas kan word.
Lied 103 en slotgebed.
Week wat begin met 27 September
15 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir September in te gee. Diensopsiener moet laaste reëlings vir ontoegekende gebied bespreek. Aangesien Oktober die laaste maand van die ontoegekendegebied-kampanje is, moet almal aangespoor word om ’n volle aandeel daaraan te hê. Demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Oktober en die Ontwaak! van 8 Oktober gedurende die spesiale kampanje aangebied kan word.
15 min: Ooggetuies van ons goeie werke (1 Pet. 2:12). Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Die Wagtoring van 1 November 2002, bladsye 12-14, paragrawe 14-20. Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor watter uitwerking dit al op mense in die omgewing gehad het wanneer hulle ons goeie werke gesien het.
15 min: Plaaslike behoeftes.
Lied 38 en slotgebed.
Week wat begin met 4 Oktober
5 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: Volhard in goeie werke (Gal. 6:10). Voer ’n onderhoud met twee of drie gewone pioniers of met verkondigers wat nou en dan hulppionierdiens doen. Met watter struikelblokke het hulle in hulle diens aan Jehovah te kampe gehad, en hoe het hulle dit oorkom? Wat het hulle gehelp om vol te hou om aan ander goed te doen? Hoe het hulle en ander by hulle pogings in die Christelike bediening baat gevind? As dit van toepassing is, kan opmerkings ingesluit word oor wat plaaslik gedoen is om diegene wat ander tale praat, met die goeie nuus te bereik. Prys almal vir ‘hulle getroue werk en hulle liefdevolle arbeid en hulle volharding’.—1 Tess. 1:2, 3.
25 min: “Ons moet Jehovah se gesag respekteer.” Lees Judas 11, en moenie meer as twee minute aan die inleiding bestee nie. Begin dan dadelik met ’n gehoorbespreking deur al die vrae in die artikel te gebruik. Beklemtoon die gedagte dat ons Jehovah se goedkeuring slegs kan behou as ons Korag se opstandige gesindheid vermy en die voorbeeld van sy seuns volg, wat niks belangriker geag het as hulle lojaliteit teenoor Jehovah nie.
Lied 99 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.