Aankondigings
◼ Januarie: Enige boek wat voor 1990 uitgegee is en wat die gemeente in voorraad het. As julle nie daarvan in voorraad het nie, kan julle gerus by nabygeleë gemeentes uitvind of hulle ’n groot voorraad ouer publikasies het wat julle kan gebruik. Februarie: Kom nader aan Jehovah. Maart: Leer by die Groot Onderwyser. April: Die Wagtoring en Ontwaak!
◼ Vanaf Februarie, en nie later as 6 Maart nie, sal kringopsieners die nuwe openbare toespraak hou met die tema: “Tree verstandig op in ’n dwase wêreld.”
◼ Gemeentes moet gepaste reëlings tref om die Gedenkmaal vanjaar op Donderdag 24 Maart, ná sononder, te vier. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet daar eers ná sononder begin word om die embleme om te stuur. Doen plaaslik navraag oor hoe laat sononder in julle omgewing sal wees. Hoewel dit verkieslik is dat elke gemeente sy eie Gedenkmaalviering hou, is dit miskien nie altyd moontlik nie. As ’n paar gemeentes gewoonlik dieselfde Koninkryksaal gebruik, kan een of meer gemeentes daardie aand miskien ander fasiliteite gebruik. Ons stel voor dat daar, indien moontlik, ten minste 40 minute tussen die programme gelaat word sodat almal ten volle by die geleentheid kan baat vind. Verkeerstoestande en parkering moet ook in aanmerking geneem word, asook die feit dat passasiers op- en afgelaai moet word. Die liggaam van ouer manne moet besluit watter reëlings plaaslik die beste sal wees.
Ons spesiale tydskrifdag sal op 16 April 2005 val. Ons spoor almal aan om nou met hulle beplanning te begin sodat hulle vanjaar ’n volle aandeel daaraan kan hê. Gemeentes moet spesiale aanvrae vir tydskrifte so gou moontlik instuur.