Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/05 bl. 1
  • Doen goed en wees mededeelsaam

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Doen goed en wees mededeelsaam
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Hou aan om mekaar op te bou
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • ‘Wees vrygewig, mededeelsaam’
    Ons Koninkryksbediening—2000
Ons Koninkryksbediening—2005
km 4/05 bl. 1

Doen goed en wees mededeelsaam

1 Dorkas “was oorvloedig in goeie dade en barmhartigheidsgawes” (Hand. 9:36, 39). Haar vrygewige gees het haar geliefd gemaak by die mense wat haar geken het sowel as by Jehovah God. Volgens Hebreërs 13:16 moet ons “nie vergeet om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want sulke offerandes is vir God welbehaaglik”. Hoe kan ons vandag goed doen en mededeelsaam wees?

2 Een manier waarop ons ander kan bevoordeel, is deur van ons “waardevolle dinge” met hulle te deel (Spr. 3:9). Ons bydraes vir die wêreldwye werk maak dit moontlik om Koninkryksale, Byeenkomssale en takfasiliteite oor die hele wêreld te bou. Ons vrygewigheid het miljoene al die geleentheid gegee om by teokratiese onderrigting en opbouende geestelike omgang baat te vind.

3 Bied vertroosting: Wanneer daar ’n ramp is, is Jehovah se volk gereed om ‘goed te doen’ aan medegelowiges sowel as aan mense wat nie aan dieselfde geloof as ons behoort nie (Gal. 6:10). Ná ’n ontploffing in ’n chemiese aanleg in Frankryk het ’n egpaar wat langs die aanleg gewoon het, gesê: “Ons Christenbroers het dadelik kom help om ons woonstel sowel as ander woonstelle in die gebou op te ruim. Ons bure was baie verbaas om te sien dat soveel mense kom help het.” ’n Ander suster het bygevoeg: “Die ouer manne het ons te hulp gesnel. Hulle het ons kom aanmoedig. Ons het dit in werklikheid nodiger gehad as materiële hulp.”

4 Daar is baie maniere waarop ons aan ons naaste kan goed doen, maar die beste manier waarop ons hulle kan help, is deur die kosbare kennis van die waarheid te verkondig, wat die “hoop op die ewige lewe” insluit wat Jehovah self beloof het (Tit. 1:1, 2). Die Bybel se boodskap bring ware vertroosting vir diegene wat treur oor wêreldtoestande en oor hulle eie sondige toestand (Matt. 5:4). Mag ons goed doen en mededeelsaam wees wanneer dit in die mag van ons hand is om dit te doen.—Spr. 3:27.

    Afrikaanse publikasies (1975-2021)
    Teken af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel