Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb16 bl. 2-3
  • Jaarteks vir 2016

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jaarteks vir 2016
  • 2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wees vasbeslote om ‘julle broederliefde te laat voortduur’!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Laat julle broederliefde voortduur!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb16 bl. 2-3
’n Gesin verwelkom ’n egpaar by hulle huis en gee hulle geskenke

Jaarteks vir 2016

“Laat julle broederliefde voortduur.”—Hebreërs 13:1

“Baie [sal] mekaar haat. . . . Die liefde van die meeste [sal] verkoel” (Matt. 24:10, 12). Met hierdie woorde het Jesus voorspel dat ’n gebrek aan liefde ’n kenmerk sou wees van mense gedurende die jare voor die vernietiging van Jerusalem in 70 HJ. Maar Christus se dissipels sou geïdentifiseer word deur die liefde wat hulle openbaar (Joh. 13:35). Hoe aanmoedigend moes dit tog vir die Hebreeuse Christene in Jerusalem gewees het om Paulus se woorde te lees wat hulle broederliefde erken het en hulle aangespoor het om voort te gaan om dit aan die dag te lê!

Vandag kom die vernietiging van Satan se hele wêreldwye stelsel van dinge al hoe nader. Soos ons broers in die eerste eeu, lewe ons tussen mense wat lief is vir geld, genot en hulleself, maar min liefde vir God of hulle naaste het (2 Tim. 3:1-4). Maar broederliefde floreer regoor die aarde onder Jehovah se Getuies. Mag ons ons broederliefde laat voortduur tot lof van Jehovah, die verpersoonliking van liefde.

    Afrikaanse publikasies (1975-2021)
    Teken af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel