Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 36
  • Is ’n regverdige ekonomiese stelsel moontlik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is ’n regverdige ekonomiese stelsel moontlik?
  • Nog onderwerpe
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Ekonomiese probleme wat God sal oplos
  • Binnekort sal niemand meer arm wees nie!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Die einde van armoede kom nader
    Ontwaak!—1998
  • Armoede
    Ontwaak!—2015
  • Volg Jesus se voorbeeld en toon besorgdheid oor die armes
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 36
’n Man staan in ’n plakkerskamp terwyl hy kyk na luukse woonstelgeboue.

Is ’n regverdige ekonomiese stelsel moontlik?

In baie lande betoog mense in die strate omdat hulle voel dat ekonomiese toestande onregverdig is. Hierdie probleme het erger geword as gevolg van die COVID-19-pandemie. Dit het gemaak dat mense ontevrede is met hulle situasie omdat beperkings, tekorte en beperkte toegang tot gesondheidsorg duidelik gewys het dat daar ’n verskil tussen die rykes en die armes is.

Sal die ekonomiese probleme wat soveel swaarkry veroorsaak, ooit tot ’n einde kom? Ja. Die Bybel beskryf wat God gaan doen om ons probleme op te los.

Ekonomiese probleme wat God sal oplos

Probleem: Mense het nie ’n ekonomiese stelsel ontwikkel wat in alle mense se behoeftes voorsien nie.

Oplossing: God gaan menseregerings vervang met sy eie regering. Dit word die Koninkryk van God genoem. Dit sal uit die hemel oor die hele aarde regeer. – Daniël 2:44; Matteus 6:10.

Resultaat: Omdat God se Koninkryk oor die hele aarde sal regeer, sal dit die aarde se sake volmaak bestuur. Mense sal nooit weer arm wees of ekonomiese onsekerheid hê nie (Psalm 9:7-9, 18). Hulle sal eerder die werk van hulle hande geniet en ’n produktiewe, bevredigende lewe met hulle familie hê. Die Bybel belowe: “Hulle sal huise bou en daarin woon, en hulle sal wingerde plant en die vrugte daarvan eet. Hulle sal nie huise bou sodat ander daarin woon nie, en hulle sal nie plant sodat ander dit eet nie.” – Jesaja 65:21, 22.

Probleem: Mense kan nie wegkom van die situasies wat veroorsaak dat hulle swaarkry en nie genoeg in die lewe het nie.

Oplossing: Deur middel van God se Koninkryk sal hy alles wegneem wat veroorsaak dat mense bang en onseker voel.

Resultaat: Onder God se sorg sal daar nie meer toestande wees wat veroorsaak dat mense en hulle familie nie genoeg het om aan die lewe te bly nie. Byvoorbeeld, oorloë, voedseltekorte en pandemies sal iets van die verlede wees (Psalm 46:9; 72:16; Jesaja 33:24). God sê: “My volk sal in ’n vreedsame plek woon, in veilige plekke waar daar kalmte en rus is.” – Jesaja 32:18.

Probleem: Mense wat selfsugtig en gierig is, maak baie keer misbruik van ander.

Oplossing: Mense onder God se Koninkryk sal leer om ander meer lief te hê as hulleself. – Matteus 22:37-39.

Resultaat: Wanneer God se Koninkryk regeer, sal almal God se liefde, wat “nie sy eie belang [soek] nie”, weerspieël (1 Korintiërs 13:4, 5). Die Bybel sê: “Hulle sal niks slegs doen of enige skade aanrig op my hele heilige berg nie, want die aarde sal beslis vol wees van die kennis van Jehovaha soos die waters die seebodem bedek.” – Jesaja 11:9.

Die Bybel verduidelik dat ons in die laaste dae van hierdie stelsel van dinge lewe en dat God binnekort sy belofte sal nakom om ’n einde te maak aan alle ekonomiese probleme (Psalm 12:5).b Voordat dit gebeur, kan Bybelwaarhede jou help om die ekonomiese probleme wat jy nou het, te hanteer. Byvoorbeeld, sien die artikels “Hoe om met minder geld klaar te kom” en “’n Gebalanseerde beskouing van geld”.

Verkeerde idees oor die Bybel en die ekonomie

Verkeerde idee: Armoede sal nooit tot ’n einde kom nie omdat Jesus gesê het: “Julle het altyd die armes by julle.” – Matteus 26:11.

Feit: Jesus het net gesê wat die werklikheid is: So lank as wat hierdie onregverdige wêreld bestaan, sal daar mense wees wat arm is. Maar Jesus se boodskap het “goeie nuus aan die armes” gebring, insluitende die belofte dat God se Koninkryk armoede vir ewig sal wegneem. – Lukas 4:18, 43.

Verkeerde idee: Mense wat God gelukkig wil maak, moet arm wees, want Jesus het gesê: “Gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes.” – Matteus 19:21.

Feit: Met hierdie woorde het Jesus nie ’n standaard vasgestel waarvolgens sy volgelinge moes lewe nie. Hy het vir ’n jong man spesifieke raad gegee wie se aandag afgelei was deur sy rykdom. Jesus het die man aangemoedig om sy lewe te vereenvoudig en om die uitnodiging te aanvaar om een van Jesus se volgelinge te word.

Verkeerde idee: God seën mense met rykdom, want die Bybel sê: “Dit is die seën van Jehovah wat ’n mens ryk maak.” – Spreuke 10:22.

Feit: In die Bybel verwys “die seën van Jehovah” gewoonlik na geestelike rykdom. Dit sluit dinge in soos ’n betekenisvolle lewe, ’n goeie verhouding met God en ’n positiewe hoop vir die toekoms (Psalm 25:14; Johannes 17:3). Al het God van sy knegte met rykdom geseën, was die meeste wat Christene geword het, nie ryk nie (Genesis 24:34, 35; Jakobus 2:5). Selfs Jesus Christus het min materiële dinge gehad. – Matteus 8:20.

Verkeerde idee: Die Bybel bevorder ’n vorm van kommunisme, want dit sê oor eerste-eeuse Christene: Hulle “het alles gedeel wat hulle gehad het, en hulle het hulle besittings en eiendomme verkoop”. – Handelinge 2:44, 45.

Feit: Hierdie verse beskryf ’n tydelike reëling wat gemaak was om in die materiële behoeftes van Christene wat pas gedoop is, te voorsien. Hierdie mense het aanvanklik na Jerusalem gereis om die Joodse Pinksterfees by te woon (Handelinge 2:5). Maar toe hulle Christene geword het, het hulle langer in Jerusalem gebly as wat hulle verwag het om oor hulle nuwe geloof te leer. As gevolg hiervan het ander Christene vrywilliglik gegee wat hulle gehad het om kos en blyplek te voorsien. – Handelinge 2:41, 42, 46, 47.

a Volgens die Bybel is God se naam Jehovah. – Psalm 83:18.

b Om uit te vind hoekom jy die Bybel kan vertrou, sien die artikel “Die Bybel – ’n Betroubare boek van waarheid”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel