Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 38
  • Moet godsdiens by die politiek betrokke raak?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moet godsdiens by die politiek betrokke raak?
  • Nog onderwerpe
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Het Jesus by die politiek betrokke geraak?
  • Het die eerste-eeuse Christene by die politiek betrokke geraak?
  • Christelike neutraliteit in ons tyd
  • Het die eerste-eeuse Christene aan die politiek deelgeneem?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Waarom het Jesus nie by die politiek betrokke geraak nie?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Hoe het Jesus die politiek beskou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Moet geestelikes hulle met die politiek bemoei?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 38
’n Politikus en godsdiensleier staan sy aan sy en waai vir ’n groep mense.

Moet godsdiens by die politiek betrokke raak?

Regoor die wêreld is baie mense wat sê dat hulle Jesus Christus volg, by die politiek betrokke. Party probeer om hulle godsdiensoortuigings en standaarde te bevorder deur spesifieke politieke partye of kandidate te ondersteun. Politikusse gebruik weer baie keer morele of maatskaplike sake om die ondersteuning van godsdienstige mense te kry. Dit is algemeen vir godsdiensleiers om aan verkiesings deel te neem om in ’n politieke posisie aangestel te word. En in party lande kan ’n “Christelike” godsdiens selfs spesiale status as ’n staatsgodsdiens geniet.

Wat dink jy? Moet volgelinge van Jesus Christus by die politiek betrokke raak? Jy kan die antwoord vind deur na Jesus se voorbeeld te kyk. Hy het gesê: “Ek het vir julle die voorbeeld gestel sodat julle ook moet doen wat ek vir julle gedoen het” (Johannes 13:15). Watter voorbeeld het Jesus gestel wanneer dit by die politiek kom?

Het Jesus by die politiek betrokke geraak?

Nee. Jesus het nie by die wêreld se politiek betrokke geraak nie.

Jesus wou nie politieke mag hê nie. Hy het geweier om die heerser van menseregerings te word toe Satan die Duiwel hom “al die koninkryke van die wêreld” aangebied het (Matteus 4:8-10).a By nog ’n geleentheid het mense probeer om Jesus te dwing om by die politiek betrokke te raak nadat hulle gesien het dat hy leierseienskappe het. Die Bybel sê: “Omdat Jesus geweet het dat hulle op die punt staan om hom te kom gryp en hom koning te maak, het hy weer weggegaan na die berg toe, heeltemal alleen” (Johannes 6:15). Jesus het nie gedoen wat die mense wou hê hy moes doen nie. Hy het eerder geweier om by die politiek betrokke te raak.

Jesus het nie kant gekies in politieke sake nie. Byvoorbeeld, in Jesus se dag was die Jode kwaad omdat hulle belasting aan die Romeinse regering moes betaal, en hulle het gevoel dat dit onregverdig was. Hulle het Jesus probeer kry om kant te kies in hierdie saak. Maar hy het nie betrokke geraak by ’n argument oor of sulke belasting regverdig was nie. Hy het vir hulle gesê: “Betaal aan die keiser terug wat aan die keiser behoort, maar aan God wat aan God behoort” (Markus 12:13-17). Hy het neutraal gebly in hierdie politieke saak. Maar hy het gewys dat die belasting wat vereis is deur die Romeinse regering, wat die keiser verteenwoordig het, betaal moes word. Terselfdertyd het hy gewys dat ’n persoon nie in alles aan die regering gehoorsaam kan wees nie. ’n Persoon moes nie aan die staat gee wat God toekom nie, insluitende aanbidding. – Matteus 4:10; 22:37, 38.

Jesus het ’n hemelse regering, God se Koninkryk, bevorder (Lukas 4:43). Hy het nie by die politiek betrokke geraak nie, want hy het geweet dat God se Koninkryk, nie menseregerings nie, die aarde sou maak soos wat God dit wou hê (Matteus 6:10). Hy het verstaan dat God se Koninkryk nie menseregerings sou gebruik nie, maar dit eerder sou vervang. – Daniël 2:44.

Het die eerste-eeuse Christene by die politiek betrokke geraak?

Nee. Jesus se volgelinge was gehoorsaam aan sy gebod om “geen deel van die wêreld [te wees] nie” (Johannes 15:19). Hulle het sy voorbeeld gevolg en aangehou om geen deel van die wêreld se politiek te wees nie (Johannes 17:16; 18:36). Hulle het nie by politieke sake betrokke geraak nie. Hulle het eerder die werk gedoen wat Jesus hulle beveel het om te doen – om oor God se Koninkryk te getuig. – Matteus 28:18-20; Handelinge 10:42.

Die belangrikste ding vir die eerste-eeuse Christene was om gehoorsaam aan God te wees, maar hulle het ook geweet dat hulle sekulêre owerhede moes respekteer (Handelinge 5:29; 1 Petrus 2:13, 17). Hulle was gehoorsaam aan die wette en het belasting betaal (Romeine 13:1, 7). Al het hulle nie betrokke geraak by die politiek nie, het hulle gebruik gemaak van die wetlike beskerming en dienste wat die regering voorsien het. – Handelinge 25:10, 11; Filippense 1:7.

Vroeë Christene en die politiek – Wat sekulêre geskiedenis sê

  • “Christene het geweier om sekere pligte uit te voer wat van Romeinse burgers verwag is. . . . Hulle wou geen politieke amp beklee nie.” – On the Road to Civilization—A World History, bladsy 238.

  • “Daar bestaan geen bewyse wat ons sal laat dink dat Jesus militêre/politieke ambisie gehad het nie, en . . . dieselfde geld vir die dissipels.” – Jesus and Judaism, bladsy 231.

  • “Vir ’n Christen was sy godsdiens iets wat apart van en verhewe bo die politieke gemeenskap was; sy grootste lojaliteit was aan Christus, nie die keiser nie.” – Caesar and Christ, bladsy 647.

  • “[Die apostel] Paulus was bereid om sy Romeinse burgerskap te gebruik om aan te dring op die beskerming waarop hy volgens die wet geregtig was, maar hy het nie politieke sake ondersteun of ander probeer kry om dit te doen nie. . . . Hoewel die vroeë Christene geglo het dat hulle die heersende owerhede moet respekteer, het hulle nie geglo dat dit reg is om by politieke aangeleenthede betrokke te raak nie.” – Beyond Good Intentions—A Biblical View of Politics, bladsy 122-123.

  • “Daar was ’n algemene oortuiging onder Christene dat nie een van hulle lede ’n politieke posisie in die staat moet beklee nie . . . Selfs nog in die begin van die derde eeu het Hippolitus gesê dat die geskiedkundige Christelike gebruik vereis het dat ’n burgerlike magistraat uit sy posisie bedank voordat hy by die Kerk aansluit.” – A History of Christianity, Volume I, bladsy 253.

Christelike neutraliteit in ons tyd

Die Bybel wys duidelik dat Jesus en sy vroeë volgelinge nie betrokke geraak het by die politiek nie. Daarom bly Jehovah se Getuies, as Christene, regoor die wêreld heeltemal neutraal. Soos die eerste-eeuse Christene, doen hulle die werk wat Jesus hulle beveel het – hulle verkondig “hierdie goeie nuus van die Koninkryk”. – Matteus 24:14.

a Toe Jesus geweier het, het hy nie gesê dat Satan nie die reg gehad het om hom so iets aan te bied nie. Later het hy Satan “die heerser van die wêreld” genoem. – Johannes 14:30.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel