Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 140
  • Jesus red — Hoe?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus red — Hoe?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Wat ons moet doen om gered te word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Glo Jehovah se Getuies dat hulle die enigstes is wat gered sal word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Wat moet ons doen om gered te word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Leer die Bybel dat mens altyd gered is as jy eenmaal gered is?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 140
Jesus omring deur mense van verskillende rasse

Jesus red — Hoe?

Die Bybel se antwoord

Jesus het getroue mense gered toe hy sy lewe as ’n losprysoffer gegee het (Matteus 20:28). Daarom noem die Bybel Jesus die “Redder van die wêreld” (1 Johannes 4:14). Die Bybel sê ook daar is “geen redding in enigiemand anders nie, want daar is nie ’n ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is waardeur ons gered moet word nie”. — Handelinge 4:12.

Jesus het vir almal wat geloof in hom stel ‘die dood gesmaak’ (Hebreërs 2:9; Johannes 3:16). “God het hom [daarna] uit die dode opgewek” en Jesus het teruggegaan hemel toe as ’n geespersoon (Handelinge 3:15). Daar kan Jesus “ook dié wat deur hom tot God nader, volkome red, omdat hy altyd lewe om vir hulle te pleit”. — Hebreërs 7:25.

Hoekom het ons Jesus nodig om vir ons te pleit?

Ons is almal sondaars (Romeine 3:23). Sonde veroorsaak ’n skeiding tussen ons en God en dit lei tot die dood (Romeine 6:23). Maar Jesus tree as ’n “helper” op vir dié wat geloof in sy losprysoffer stel (1 Johannes 2:1). Hy pleit vir hulle en vra God om na hulle gebede te luister en hulle sondes te vergewe op grond van sy offerdood (Matteus 1:21; Romeine 8:34). God luister na sulke versoeke wat deur Jesus gemaak word omdat dit met Sy wil ooreenstem. God het Jesus aarde toe gestuur “sodat die wêreld deur middel van hom gered kan word”. — Johannes 3:17.

Is geloof in Jesus al wat ons nodig het om gered te word?

Nee. Alhoewel ons in Jesus moet glo om gered te word, is meer as net dit nodig (Handelinge 16:30, 31). Die Bybel sê: “Soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook geloof sonder werke dood.” (Jakobus 2:26). Om gered te word, moet ons:

  • Leer oor Jesus en sy Vader, Jehovah. — Johannes 17:3.

  • Geloof in hulle opbou. — Johannes 12:44; 14:1.

  • Wys dat ons geloof in hulle het deur hulle gebooie te gehoorsaam (Lukas 6:46; 1 Johannes 2:17). Jesus het gesê nie almal wat hom “Here” noem, gered sal word nie, maar net dié wat “die wil doen van [sy] Vader wat in die hemele is”. — Matteus 7:21.

  • Aanhou om te wys dat ons geloof het, al gaan ons deur moeilike tye. Jesus het dit duidelik gemaak toe hy gesê het: “Wie tot die einde toe volhard het, hy sal gered word.” — Matteus 24:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel