Lied 96
Verheerlik ons Vader, Jehovah
1. Jehovah God,u skepping sing
Van wysheid,mag en vreugde.
Deur u wil is al’s voortgebring.
U werk weerspieël u deugde.
U seën die mens in elke oord;
U gees gee ons meer klaarheid.
Die profesieëin u Woord
Word in ons dag bewaarheid.
Die kindjie Jesus is vereer
Deur u groot hemelkore.
En deur die dood van onse Heer
Is lewe ons beskore.
2. Met vreugde sien ons hoe u Seun
Sy opdrag hier volbring het.
U saak het hy lojaal gesteun
Wyl hy u lof besing het.
As Koning op sy hemeltroon
Vervul hy al u wense.
U voornemens en naam so skoon
Maak hy bekend aan mense.
Ons ag dit ook ons dure plig;
En daarom preek ons moedig:
“DieHeer Jehovah,God van lig,
Verdelg die wêreld spoe dig.”
3. Moet ons dan nie u lof berei,
U dien met groot waardering?
Ons lewens onverwyld toewy,
En streef na u verering?
U werk moet ons getrou volbring;
U naam moet ons verkondig.
Mag niks ons liefde ooit verdring,
Dat ons moedswillig sondig.
Met heel ons hart en siel en krag
Wil ons na u wet handel.
Want ons wil graag van dag tot dag
Tot eer van u naam wandel.