Lied 169
Die nuwe lied
1. Sing tot eer van God ’n nuwe lied met al jul krag.
Spreek oor al sy wonders en wat hy gaan vermag.
Loof sy heil’ge Arm en sy gedugte reg terhand,
Want Jehovah oordeel die volke van die land.
(Refrein)
2. Sing ’n vreugdelied tot God Jehovah wêreld wyd;
Prys dieHeer met harte wat juig van dankbaarheid.
Loof Jehovah God,besing die heil van on se Heer.
Met basuin en siter en harp moet ons hom eer.
(Refrein)
3. Laat die see wat bruis en alles daarin ook lof bring;
Laat die ganse aarde die nuwe lied luid sing.
Laat die strome juig en laat riviere hande klap.
Laat die berge jubel oor God se koningskap.
(Refrein)
Sing, sing, sing!
Om lof aan God te bring.
Sing, sing, sing!
Tot sy verheerliking.