Lied 119
Kom! Word verkwik
1. Vandag is die wêreld so wet’loos en hard;
hul ken nie Jehovah se weë.
Waar vind ons die wysheid wat lei tot sukses,
die raad wat ons rigting sal gee?
Vergad’rings verkwik ons en gee ons weer hoop;
dit help om geloof op te bou.
Dit spoor ons ook aan tot voortreflike werk,
versterk ons om moed te kan hou.
Ons sal nooit die weg van Jehovah versaak;
sy wil is vir ons van belang.
Ons leer by vergad’rings om liefde te toon;
dus sal ons Gods seën ontvang.
2. Jehovah is van ons behoeftes bewus;
gee ag op sy raad soos dit hoort.
Ons koop die tyd uit, kom gereeld bymekaar;
dit toon ons vertrou God se Woord.
Godvresende manne wat ons onderrig,
wil graag ons geloof ondersteun.
Ons het ook die hele gemeenskap van broers;
nooit is ons dus werklik alleen.
In afwagting van ’n veel betere tyd
vergader ons nou des te meer;
kry leiding wat nou reeds ons lewe verryk
met wysheid van God, onse Heer.
(Sien ook Ps. 37:18; 140:1; Spr. 18:1; Ef. 5:16; Jak. 3:17.)