LIED 76
Hoe laat dit jou voel?
1. Hoe voel jy wanneer jy
in die veld bedrywig bly,
as jy goeie nuus uitdra,
want dis wat God jou vra?
Ja, jy doen net jou bes,
en ons God doen dan die res;
want die Een wat harte lees,
ken dié wat hom sal vrees.
(REFREIN)
Dit maak ons bly, dit laat ons juig
om van Jehovah te getuig.
Ons wil ons tyd aan sy diens wy
en goeie nuus versprei.
2. Hoe voel jy wanneer jy
nog opregte mense kry,
as hul groot verand’rings maak,
want jy’t hul hart geraak?
Al wil party niks weet,
sal ons steeds net aanhou preek;
want met trots dra ons Gods naam,
sal ons nooit daarvoor skaam.
(REFREIN)
Dit maak ons bly, dit laat ons juig
om van Jehovah te getuig.
Ons wil ons tyd aan sy diens wy
en goeie nuus versprei.
3. Hoe voel jy wanneer jy
weet dat God jou help en lei,
’n bediening aan jou gee
en jou vertrou daarmee?
Trots doen ons God se werk,
ons bly moedig en bly sterk;
want die stelsel gaan verby,
ons moet Sy skape kry.
(REFREIN)
Dit maak ons bly, dit laat ons juig
om van Jehovah te getuig.
Ons wil ons tyd aan sy diens wy
en goeie nuus versprei.
(Sien ook Hand. 13:48; 1 Tess. 2:4; 1 Tim. 1:11.)