Vir ons jongmense
Petrus se verloëning van Jesus
Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Stel jou voor dat jy deel is van die gebeurtenis terwyl jy die tekste lees. Visualiseer die toneel. Hoor die stemme. Ervaar die emosies van die hoofkarakters.
ONTLEED DIE TONEEL.—LEES MATTEUS 26:31-35, 69-75.
Hoeveel mense dink jy was in die toneel?
․․․․․
Dink jy dié wat met Petrus gepraat het, was vriendelik? nuuskierig? kwaad? iets anders?
․․․․․
Hoe dink jy het Petrus gevoel toe hy beskuldig is?
․․․․․
Waarom het Petrus Jesus verloën? Was dit weens ’n gebrek aan liefde of weens iets anders?
․․․․․
DELF DIEPER.—LEES LUKAS 22:31-34; MATTEUS 26:55-58; JOHANNES 21:9-17.
Hoe het te veel selfvertroue dalk ’n rol gespeel in die fout wat Petrus gemaak het?
․․․․․
Hoe het Jesus vertroue in Petrus getoon, al het hy geweet dat Petrus tydelik die spoor byster sou raak?
․․․․․
Hoe het Petrus, hoewel hy Jesus verloën het, selfs groter moed as die ander dissipels aan die dag gelê?
․․․․․
Hoe het Jesus getoon dat hy Petrus vergewe het?
․․․․․
Waarom dink jy het Jesus drie keer vir Petrus gevra: “Het jy my lief?”
․․․․․
Hoe dink jy het Petrus ná sy gesprek met Jesus gevoel, en waarom?
․․․․․
PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . .
Mensevrees.
․․․․․
Jesus se medelye vir sy dissipels, selfs wanneer hulle ’n fout gemaak het.
․․․․․
Wat omtrent hierdie verslag is vir jou die betekenisvolste, en waarom?
․․․․․
․․․․․