Dien God met ‘een hart en siel’
JODE en proseliete drom saam om die dissipels van Jesus Christus. Dit is die Pinksterfees, en hierdie besoekers het na Jerusalem gekom van plekke so ver as Rome in die weste en Partië in die ooste. Verskeie tale word in hierdie skare gehoor. Maar Jesus se dissipels wat met hulle praat, is Galileërs. Party van die verbysterde besoekers vra: “Hoe is dit dan dat elkeen van ons sy eie taal hoor waarin ons gebore is?”—Hand. 2:8.
Die apostel Petrus staan op en verduidelik die grondslag van hierdie wonderwerk wat hulle aanskou. Daar is onmiddellik ’n reaksie. Duisende nuwelinge word gedoop! (Hand. 2:41). Al groei die gemeente vinnig, bly dit verenig. “Die menigte van dié wat geglo het, was een van hart en siel”, sê die Bybelskrywer Lukas.—Hand. 4:32.
Duisende wat op Pinksterdag 33 G.J. gedoop is, wou langer in Jerusalem bly om meer te leer oor hulle nuwe geloof. Maar hulle het nie gekom met die gedagte om lank te bly nie. Daarom was daar ’n tydelike reëling om finansiële middele in te samel. Sekere gelowiges het besittings vrywillig verkoop en die opbrengs na die apostels gebring om dit uit te deel aan dié wat dit nodig gehad het (Hand. 2:42-47). Wat ’n wonderlike gees van liefde en vrygewigheid!
Ware Christene het nog altyd so ’n liefdevolle en vrygewige gees gehad. Vandag dien die Christengemeente Jehovah nog steeds eensgesind, met ‘een hart en siel’. Individuele Christene gee ruimhartig van hulle tyd, energie en middele om die goeie nuus te verkondig en die belange van God se Koninkryk te bevorder.—Sien die venster “Maniere waarop party gee”.
[Venster op bladsy 6]
MANIERE WAAROP PARTY GEE
BYDRAES VIR DIE WÊRELDWYE WERK
Baie sit ’n bedrag opsy wat hulle in die bydraebussies gooi wat “Wêreldwye werk” gemerk is.
Gemeentes stuur hierdie bydraes elke maand na die kantoor van Jehovah se Getuies wat oor hulle land toesig hou. Vrywillige geldelike bydraes kan ook direk gestuur word aan die Watch Tower Bible and Tract Society of South Africa, Aandag: Rekeningafdeling, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika, of na die takkantoor van Jehovah se Getuies wat oor jou land toesig hou. Tjeks wat na die bogenoemde adres gestuur word, moet uitgemaak word aan “Watch Tower Society”. Tree asseblief in verbinding met die takkantoor as jy juwele of ander kosbare artikels wil skenk. ’n Kort brief wat meld dat dit ’n regstreekse skenking is, moet dan hierdie bydraes vergesel.
BEPLANDE SKENKINGS
Benewens regstreekse geldskenkings is daar ander maniere waarop ’n mens kan gee om Koninkryksdiens in alle wêrelddele te bevorder. Dit sluit in:
Versekering: Watch Tower Bible and Tract Society of South Africa kan as die begunstigde van ’n lewensversekeringspolis of in ’n aftree-/pensioenskema benoem word.
Aandele en obligasies: Aandele en obligasies kan aan Watch Tower Bible and Tract Society of South Africa geskenk word as ’n regstreekse skenking.
Vaste eiendom: Vaste eiendom kan regstreeks geskenk word of kan, in die geval van residensiële eiendom, geskenk word op voorwaarde dat die skenker lewensreg daarop het. Tree in verbinding met die takkantoor in die land waar jy woon voordat enige vaste eiendom oorgedra word.
Testamente: Eiendom of geld kan deur ’n wettige testament aan Watch Tower Bible and Tract Society of South Africa bemaak word.
As jy meer inligting wil hê, kan jy skriftelik of per telefoon in verbinding tree met die Rekeningafdeling by die bygaande adres of met die takkantoor wat oor jou land toesig hou.
Rekeningafdeling
Watch Tower Bible and Tract Society of South Africa
Privaatsak X2067
Krugersdorp
1740
Suid-Afrika
Telefoon: 011 761 1000