Hersiening Van Spesiale Byeenkomsdag
Hierdie materiaal sal tydens die Diensvergaderingprogram gebruik word kort voordat en kort nadat die gemeente die spesiale byeenkomsdag vir die 2006-diensjaar bygewoon het. Die presiderende opsiener sal reël dat hierdie voorskou en hersiening gehou word, soos uiteengesit in Ons Koninkryksbediening vir Augustus 2004, bladsy 4. Gedurende die hersiening moet al die vrae gevra word en moet die aandag gevestig word op hoe ons die inligting wat aangebied is, kan toepas.
OGGENDSESSIE
1. Wat beteken dit om jou oog eenvoudig te hou, en waarom is dit vandag ’n uitdaging? (“Waarom moet jy jou oog eenvoudig hou?”)
2. Hoe vind ons daarby baat as ons ons oog eenvoudig hou? (“Maai seëninge omdat jy jou oog eenvoudig hou”)
3. Watter gevaar hou baie sogenaamd normale bedrywighede in? (“Hou jou oog eenvoudig in ’n goddelose wêreld”)
MIDDAGSESSIE
4. Wat kan ouers en ander doen om jongmense aan te spoor om geestelike doelwitte na te streef? (“Ouers wat hulle pyle reg rig” en “Jongmense wat geestelike doelwitte nastreef”)
5. Hoe kan ons saam met Jehovah se organisasie vooruitgaan (a) as individue? (b) as gesinne? (c) as ’n gemeente? (“Lê jou daarop toe om saam met Jehovah se organisasie vooruit te gaan”)