Ons amptelike webwerf—Ontwerp om ons en ander te help
Jesus het ons die opdrag gegee om die goeie nuus van die Koninkryk “in die hele bewoonde aarde [te] verkondig . . . as ’n getuienis vir al die nasies” (Matt. 24:14). Om ons te help om ons ‘bediening ten volle uit te voer’, is watchtower.org, jw-media.org en jw.org saamgesmelt tot die een herontwerpte webwerf jw.org.—2 Tim. 4:5.
“Die hele bewoonde aarde”: Ongeveer ’n derde van die aarde se bevolking gebruik die Internet. Dit het vir baie, veral jongmense, die hoofbron van inligting geword. Ons webwerf gee Internetgebruikers betroubare antwoorde op Bybelvrae. Dit stel Jehovah se organisasie aan hulle bekend en maak dit vir hulle maklik om ’n gratis tuisbybelstudie aan te vra. Dit stel die goeie nuus in staat om gebiede te bereik waar mense min geleenthede het om die Koninkryksboodskap te hoor.
“Al die nasies”: Om ’n getuienis aan “al die nasies” te gee, moet ons Bybelwaarheid in verskillende tale aanbied. Besoekers aan jw.org kan maklik inligting in sowat 400 tale vind, meer as wat enige ander webwerf bied.
Maak goeie gebruik daarvan: Die doel van die herontwerpte webwerf jw.org is nie net om vir ongelowiges te getuig nie. Dit is ontwerp sodat Jehovah se Getuies dit ook kan gebruik. As jy toegang het tot die Internet, spoor ons jou aan om vertroud te raak met jw.org. Hier volg ’n paar voorstelle oor hoe om dit te gebruik.
[Diagram op bladsy 3]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
Probeer die volgende
1 Tik www.jw.org in die adresveld van jou rekenaar se Internetwebblaaier en druk “Enter”.
2 Verken die webwerf deur te klik op die gewels, die kieslysopsies en die skakels.
3 Probeer om jw.org op jou draagbare Internettoestel te gebruik. Die bladuitleg word by die kleiner skerm aangepas, maar die inligting is dieselfde.