DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Toegewydheid aan God teenoor fisiese oefening
Is fisiese oefening goed vir jou? Ja, maar dit het min voordeel in vergelyking met geestelike opleiding (1Ti 4:8). Daarom is dit goed as Christene ’n gebalanseerde beskouing van sport het.
KYK NA DIE WITBORD-TEKENPRENT WAT JY OOR SPORT MOET WEET, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
1. Watter vaardighede kan sport ons leer?
2. Watter drie dinge kan ons help om te besluit of ’n sekere sportsoort goed is vir ons of nie?
3. Hoe kan Psalm 11:5 ons help om te besluit watter sport om te kyk en te speel?
4. Hoe kan ons Filippense 2:3 en Spreuke 16:18 toepas wanneer dit kom by die manier hoe ons sport speel?
5. Hoe help Filippense 1:10 ons om nie te veel tyd daaraan te spandeer om sport te kyk of te speel nie?