Maandag 15 Januarie
Selfs die Christus het homself nie behaag nie.—Rom. 15:3.
Ja, om ander te help, was vir Jesus belangriker as sy eie gerief—deur hulle te help, het hy God se wil gedoen. Al hou ons dus van sekere kledingstukke of style, sal ons dit vermy as dit kan veroorsaak dat mense nie na ons boodskap wil luister nie (Rom. 15:2). Christenouers het die verantwoordelikheid om hulle gesinne te leer om Bybelbeginsels toe te pas. Dit sluit in dat hulle seker maak dat hulle en hulle kinders God se hart probeer bly maak deur hulle beskeie kleredrag en persoonsversorging (Spr. 22:6; 27:11). Ouers kan hulle kinders leer om ’n gesonde respek te hê vir die heilige God wat hulle aanbid deur die regte voorbeeld vir hulle kinders te stel en deur hulle op ’n liefdevolle en praktiese manier te onderrig. Dit is goed as ouers hulle kinders leer hoe en waar om gepaste klere te vind. Dit beteken dat hulle nie net klere moet kies waarvan hulle hou nie, maar klere wat Jehovah, die God wat hulle verteenwoordig, tot eer strek. w16.09 3:13, 14
15-21 Januarie
MATTEUS 6-7
Lied 21 en gebed
Inleidende kommentaar (3 min. of minder)
SKATTE UIT GOD SE WOORD
“Hou aan om eers die Koninkryk te soek”: (10 min.)
Mt 6:10 — Die Koninkryk was een van die eerste dinge wat in die modelgebed genoem is, wat vir ons wys hoe belangrik dit is (bh 169 ¶12)
Mt 6:24 — Ons kan nie God én “Rykdom” as slawe dien nie (“slaaf”, studienota oor Mt 6:24 in nwtsty)
Mt 6:33 — Jehovah sal in die behoeftes voorsien van getroue knegte wat Koninkryksbelange eerste in hulle lewe stel (“Hou dan aan ... soek”, “die koninkryk”, “sy”, “regverdigheid”, studienotas oor Mt 6:33 in nwtsty; w16.07 12 ¶18)
Soek na geestelike skatte: (8 min.)
Mt 7:12 — Hoe kan ons hierdie vers toepas wanneer ons aanbiedings vir die bediening voorberei? (w14 5/15 14-15 ¶14-16)
Mt 7:28, 29 — Watter uitwerking het Jesus se leringe op die skares gehad, en hoekom? (“verstom was”, “die manier waarop hy geleer het”, “nie soos hulle skrifgeleerdes nie”, studienotas oor Mt 7:28, 29 in nwtsty)
Wat het hierdie week se Bybelleesgedeelte jou oor Jehovah geleer?
Watter ander geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte ontdek?
Bybelleesgedeelte: (4 min. of minder) Mt 6:1-18
LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING
Eerste besoek: (2 min. of minder) Begin met die voorgestelde gesprek. Gee ’n antwoord op ’n beswaar wat algemeen in julle gebied gebruik word.
Eerste herbesoek: (3 min. of minder) Begin met die voorgestelde gesprek. Die persoon met wie jy die vorige keer gepraat het, is nie daar nie, maar ’n familielid kom na die deur toe.
Tweede herbesoek, video: (5 min.) Speel en bespreek die video.
DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
“Hou op om julle te bekommer”: (15 min.) Bespreking. Speel eers die video Lesse uit Jesus se beeldspraak — Hou die voëls en die lelies dop.
Gemeentelike Bybelstudie: (30 min.) lv hfst. 3 ¶1-7, venster “Wat is ’n goeie vriend?”
Hersiening gevolg deur ’n oorsig van volgende week se vergadering (3 min.)
Lied 132 en gebed