Woensdag 9 Oktober
My voete het amper afgewyk. — Ps. 73:2.
Wat kan jy doen as jou kind oor die waarheid begin twyfel nadat hy gedoop is? Byvoorbeeld, miskien begin jou seun of dogter van die dinge in die wêreld hou. Of hulle begin dalk twyfel of dit regtig beter is om volgens Bybelstandaarde te lewe (Ps. 73:1, 3, 12, 13). As ’n ouer, moet jy besef dat die manier hoe jy op sulke vrae reageer, jou kind se keuse om Jehovah te dien of nie, sal beïnvloed. Probeer om nie met jou kind hieroor te baklei nie, maak nie saak of hy baie jonk of ’n tiener is nie. Maak eerder seker dat jou kind weet dat jy vir hom lief is en hom wil help. ’n Jong persoon wat gedoop is, het hulle lewe aan Jehovah toegewy. Dit is ’n belofte om Jehovah te dien en hom lief te hê bo alle ander dinge (Mark. 12:30). Jehovah neem hierdie belofte baie ernstig op, en ons moet ook. — Pred. 5:4, 5. w17.12 22 ¶16-17
7-13 Oktober
JAKOBUS 3-5
Lied 50 en gebed
Inleidende kommentaar (3 min. of minder)
SKATTE UIT GOD SE WOORD
“Tree met goddelike wysheid op”: (10 min.)
Jak 3:17 – Goddelike wysheid is kuis en vredeliewend (cl 221-222 ¶9-10)
Jak 3:17 – Goddelike wysheid is redelik, bereid om te gehoorsaam en vol barmhartigheid en goeie vrugte (cl 223-224 ¶12; 224-225 ¶14-15)
Jak 3:17 – Goddelike wysheid maak nie partydige onderskeid nie en is nie huigelagtig nie (cl 226-227 ¶18-19)
Soek na geestelike skatte: (8 min.)
Jak 4:5 – Watter teks haal Jakobus aan? (w08 11/15 20 ¶6)
Jak 4:11, 12 – Hoe praat iemand “teen die wet” wanneer hy “teen ’n broer praat”? (w97 11/15 20-21 ¶8)
Wat het hierdie week se Bybelleesgedeelte jou oor Jehovah geleer?
Watter ander geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte ontdek?
Bybelleesgedeelte: (4 min. of minder) Jak 3:1-18 (th studie 5)
LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING
Leer hoe om beter te lees en onderrig: (10 min.) Bespreking. Speel die video Modulasie, en bespreek dan studie 10 van die Onderrig-brosjure.
Toespraak: (5 min. of minder) w10 9/1 23-24 – Tema: Hoekom moet ons ons sondes bely, en aan wie moet ons dit bely? (th studie 14)