Sondag 28 April
Wat my betref, op u liefderyke goedhartigheid het ek vertrou; laat my hart bly wees in u redding. — Ps. 13:5.
Koning Dawid is baie onregverdig behandel. Jehovah het Dawid gesalf om die koning van Israel te wees toe hy nog jonk was, maar Dawid moes 15 jaar lank wag voordat hy die koning van sy eie stam geword het (2 Sam. 2:3, 4). Gedurende hierdie tyd moes hy vlug vir koning Saul, wat hom wou doodmaak. Dawid moes soos ’n vlugteling lewe en het in ’n vreemde land en in grotte in die wildernis gebly. Selfs toe Saul in ’n geveg dood is, moes Dawid nog sewe jaar wag voordat hy oor die hele Israel kon regeer (2 Sam. 5:4, 5). Waarom was Dawid bereid om geduldig te wag? Hy het geweet dat Jehovah hom liefhet en dat Jehovah lojaal aan hom sal wees. Hy het nagedink oor hoe Jehovah hom in die verlede gehelp het, en het met vreugde na sy verlossing uitgesien (Ps. 13:6). Dawid het geweet dat dit die moeite werd is om op Jehovah se seëninge te wag. w17.08 6-7 ¶14-15
22-28 April
1 KORINTIËRS 14-16
Lied 22 en gebed
Inleidende kommentaar (3 min. of minder)
SKATTE UIT GOD SE WOORD
“God sal ‘alles vir elkeen’ wees”: (10 min.)
1Kor 15:24, 25 – Die Messiaanse Koninkryk sal al God se vyande vernietig (w98 7/1 21 ¶10)
1Kor 15:26 – Die dood sal nie meer bestaan nie (kr 237 ¶21)
1Kor 15:27, 28 – Christus sal die Koninkryk aan Jehovah oorgee (w12 9/15 12 ¶17)
Soek na geestelike skatte: (8 min.)
1Kor 14:34, 35 – Het die apostel Paulus vroue verbied om te praat? (w12 9/1 9, venster)
1Kor 15:53 – Wat is onsterflikheid en onverderflikheid? (it-1-E 1197-1198)
Wat het hierdie week se Bybelleesgedeelte jou oor Jehovah geleer?
Watter ander geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte ontdek?
Bybelleesgedeelte: (4 min. of minder) 1Kor 14:20-40 (th studie 10)
LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING
Eerste herbesoek, video: (5 min.) Speel en bespreek die video.
Eerste herbesoek: (3 min. of minder) Gebruik die voorgestelde gesprek (th studie 3).
Eerste herbesoek: (5 min. of minder) Begin met die voorgestelde gesprek. Noem en bespreek die video Waarom moet jy die Bybel studeer?, maar moenie die video speel nie (th studie 9).