Saterdag 23 Mei
Ag, as u my maar in die Graf wou wegsteek . . . As u maar vir my ’n tyd wou vasstel en aan my wou dink! – Job 14:13.
In Bybeltye was party van God se getroue knegte so oorweldig deur hulle omstandighede dat hulle nie meer wou lewe nie. Byvoorbeeld, Job het soveel pyn gehad dat hy gesê het dat hy sy lewe haat en nie meer wil lewe nie (Job 7:16). Jona was baie teleurgesteld omdat dinge nie gebeur het soos wat hy verwag het nie. Daarom het hy gesê: “O Jehovah, neem nou asseblief my lewe, want dit is beter vir my om te sterf as om te lewe” (Jona 4:3). En die getroue profeet Elia het eenkeer so mismoedig gevoel dat hy gevra het om dood te gaan. Hy het gesê: “Genoeg is genoeg! Neem my lewe weg, o Jehovah” (1 Kon. 19:4). Maar hierdie toegewyde knegte van Jehovah was vir hom kosbaar, en hy wou hê dat hulle moes lewe. In plaas daarvan om hulle te veroordeel omdat hulle nie meer wou lewe nie, het hy hulle eerder gehelp om hierdie gevoel te oorkom. En hy het hulle in liefde opgebou sodat hulle kon aanhou om hom getrou te dien. w18.09 13 ¶4
18-24 Mei
GENESIS 40-41
Lied 8 en gebed
Inleidende kommentaar (1 min.)
SKATTE UIT GOD SE WOORD
“Jehovah red Josef”: (10 min.)
Ge 41:9-13 – Farao het gehoor dat Josef drome kan verduidelik (w15 2/1 14 ¶4-5)
Ge 41:16, 29-32 – Jehovah het Josef die vermoë gegee om Farao se drome te verduidelik (w15 2/1 14-15)
Ge 41:38-40 – Josef het die tweede magtigste man in Egipte geword; net Farao was magtiger as hy (w15 2/1 15 ¶3)
Soek na geestelike skatte: (10 min.)
Ge 41:14 – Hoekom het Josef geskeer voordat hy Farao gaan sien het? (w15 11/1 9 ¶1-3)
Ge 41:33 – Wat kan ons leer uit die manier waarop Josef met Farao gepraat het? (w09 11/15 28 ¶14)
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte ontdek oor Jehovah God, die veldbediening of iets anders?
Bybelleesgedeelte: (4 min. of minder) Ge 40:1-23 (th studie 2)
LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING
Eerste herbesoek, video: (5 min.) Bespreking. Speel die video en vra dan vir die gehoor: Wat wys dat die paartjie saam voorberei het vir hierdie herbesoek? Hoe het die broer die toepassing van die teks duidelik gemaak?
Eerste herbesoek: (4 min. of minder) Gebruik die voorgestelde gesprek (th studie 11).
Eerste herbesoek: (5 min. of minder) Begin met die voorgestelde gesprek. Bied ’n publikasie aan uit ons Gereedskapskissie vir Onderrigting (th studie 13).
DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Wees soos Josef – Moenie opgee nie, al word jy onregverdig behandel: (6 min.) Speel eers die video Word Jehovah se vriend – Moenie opgee nie, al word jy onregverdig behandel. Nooi dan ’n paar kinders na die verhoog, en vra hulle: Hoe is Caleb en Sophia onregverdig behandel? Wat dink julle het hulle uit Josef se voorbeeld geleer?
Plaaslike behoeftes: (9 min.)
Gemeentelike Bybelstudie: (30 min.) ia hfst. 10 ¶12-21, hersiening op bl. 91
Slotkommentaar (3 min. of minder)
Lied 40 en gebed