12 en Jehovah het vir my gesê: ‘Staan op, gaan gou af teen die berg, want jou volk wat jy uit Egipte uitgelei het, het goddeloos opgetree.+ Hulle het baie gou weggedraai van die weg wat ek hulle beveel het om te volg. Hulle het vir hulle ’n metaalbeeld gemaak.’+