21 Toe het Saul gesê: “Ek sal haar aan hom gee sodat sy vir hom as ’n strik kan dien+ en sodat die hand van die Filistyne teen hom kan wees.” Gevolglik het Saul vir Dawid gesê: “Deur een van die twee vroue sal jy vandag ’n huweliksverbintenis met my aangaan.”