15 Verder het hy in Jerusalem oorlogswerktuie gemaak, die uitvinding van werktuigkundiges, sodat dit op die torings+ en op die hoeke kon wees, om pyle en groot klippe te skiet. Gevolglik het sy roem+ baie ver versprei, want hy is op ’n wonderbare wyse gehelp totdat hy sterk was.