Voetnoot
a As jy ’n taak vir die eerste keer aanpak, moet jy ’n werkswinkelhandboek vir jou motor probeer kry of ’n ervare vriend vra om jou te help. Indien jou motor gerekenariseerde of ander hipertegnologiese komponente het, sal dit moontlik beter wees om jou voertuig na ’n werktuigkundige te neem wat die nodige toerusting en ondervinding het om die herstelwerk te doen.