Voetnoot
a “Die tyd wanneer alle dinge herstel word”, het begin toe die Messiaanse Koninkryk opgerig is met ’n erfgenaam van getroue koning Dawid op die troon. Jehovah het aan Dawid belowe dat een van sy erfgename vir ewig sou heers (Psalm 89:35-37). Maar nadat Babilon Jerusalem in 607 VHJ vernietig het, het geen menslike afstammeling van Dawid op God se troon gesit nie. Jesus, wat as ’n erfgenaam van Dawid op die aarde gebore is, het die langbeloofde Koning geword toe hy in die hemel op die troon geplaas is.