Voetnoot
a In November 2002, voor die oorlog in Irak, het professor Dan Cruickshank die gebied besoek. Hy het op BBC-televisie gesê: “Aan die rand van Mosoel lê die uitgestrekte, verwoeste stad Nineve, wat—tesame met Nimroed . . . sedert die 1840’s geesdriftig deur Britse argeoloë opgegrawe is. . . . Die opgrawings by hierdie Assiriese stede het in werklikheid beteken dat ’n langverlore—byna mitiese—beskawing ontdek is wat slegs bekend was as gevolg van kort, vae en allesbehalwe vleiende beskrywings in die Bybel.”