Voetnoot
c Toe die Hebreeuse woord vir “vis” in Grieks vertaal is, is dit weergegee met “seemonster” of “reusagtige vis”. Hoewel daar geen manier is om vas te stel watter soort seedier dit was nie, is daar al in die Middellandse See haaie opgemerk wat groot genoeg is om ’n mens heel in te sluk. Op ander plekke is daar baie groter haaie; die walvishaai kan tot 15 meter lank word—moontlik selfs langer!