-
Vrae van lesersDie Wagtoring – 2004 | Maart 15
-
-
Moses was op pad na Egipte saam met sy vrou, Sippora, en sy seuns, Gersom en Eliëser, toe die volgende voorval plaasgevind het: “Op die pad, by die herberg, het Jehovah hom teëgekom en ’n manier bly soek om hom dood te maak. Uiteindelik het Sippora ’n vuurklip geneem en haar seun se voorhuid afgesny en dit aan sy voete laat raak en gesê: ‘Dit is omdat jy vir my ’n bloedbruidegom is.’ Gevolglik het hy hom laat staan. Toe het sy gesê: ‘’n Bloedbruidegom’, weens die besnydenis” (Eksodus 4:20, 24-26). Hoewel hierdie Skrifgedeelte onduidelik is en daar nie sekerheid oor die betekenis is nie, werp die Skrif wel lig op hierdie verse.
-
-
Vrae van lesersDie Wagtoring – 2004 | Maart 15
-
-
Sippora se woorde “jy [is] vir my ’n bloedbruidegom”, is ongewoon. Wat toon dit omtrent haar? Deur die vereistes van die besnydenisverbond na te kom, het Sippora erken dat sy in ’n verbondsverhouding met Jehovah is. Die Wetsverbond wat later met die Israeliete gesluit is, het getoon dat Jehovah in ’n verbondsverhouding beskou kan word as die eggenoot en die ander party as die eggenote (Jeremia 31:32). Dit wil dus voorkom of Sippora, toe sy Jehovah (deur sy engeleverteenwoordiger) as “’n bloedbruidegom” aangespreek het, getoon het dat sy haar aan die voorwaardes van daardie verbond onderwerp. Dit was asof sy ’n posisie as eggenote in die verbondsverhouding aanvaar het, met Jehovah God as die eggenoot. Hoe dit ook al sy, weens haar daadwerklike optrede om God se vereiste na te kom, was die lewe van haar seun nie langer in gevaar nie.
-