-
Sy het goeie oordeel aan die dag gelêVolg hulle geloof na
-
-
14. (a) Hoe het Abigail die eerste stap gedoen om die onreg wat Nabal gepleeg het, reg te stel? (b) Watter praktiese les kan ons uit die verskil tussen Nabal en Abigail leer? (Sien ook die voetnoot.)
14 In sekere sin het ons reeds gesien dat Abigail die eerste stap gedoen het om hierdie verskriklike onreg reg te stel. In teenstelling met haar man, Nabal, was sy bereid om te luister. Dit sou nie help om na Nabal toe te gaan nie, want die jong kneg het gesê dat Nabal “’n te groot deugniet is om met hom te praat” (1 Sam. 25:17).c Ongelukkig het Nabal se hoë dunk van homself hom onwillig gemaak om te luister. Sulke hooghartigheid is selfs vandag nog baie algemeen. Maar die jong man het geweet dat Abigail nie so is nie, en dit is ongetwyfeld waarom hy met hierdie probleem na haar toe gekom het.
In teenstelling met Nabal was Abigail bereid om te luister
-
-
Sy het goeie oordeel aan die dag gelêVolg hulle geloof na
-
-
c Die frase wat die jong man gebruik het, beteken letterlik “’n seun van belial (waardeloosheid)”. In ander Bybelvertalings bevat hierdie sin ’n beskrywing van Nabal as ’n man “wat na niemand wil luister nie” en die gevolgtrekking dat “dit nie help om met hom te praat nie”.
-