-
Hulle het dorings in die vlees verduurDie Wagtoring – 2002 | Februarie 15
-
-
11. Wat het Siba omtrent Mefiboset beweer, maar hoe weet ons dat sy bewering ’n leuen was? (Sien voetnoot.)
11 Later moes Mefiboset nog ’n doring in die vlees verduur. Sy dienaar Siba het hom belaster voor koning Dawid, wat toe besig was om uit Jerusalem te vlug weens die opstand van Absalom, Dawid se seun. Siba het gesê dat Mefiboset dislojaal was en in Jerusalem agtergebly het in die hoop om die koningskap oor te neem.a Dawid het Siba se laster geglo en alles wat aan Mefiboset behoort het, aan daardie leuenaar gegee!—2 Samuel 16:1-4.
-
-
Hulle het dorings in die vlees verduurDie Wagtoring – 2002 | Februarie 15
-
-
a So ’n ambisieuse plan sou strydig wees met die karakter van so ’n waarderende, nederige man soos Mefiboset. Hy was ongetwyfeld goed bekend met die getroue lewenswandel van sy vader, Jonatan. Hoewel Jonatan ’n seun van koning Saul was, het hy nederig Jehovah se keuse van Dawid as koning oor Israel erken (1 Samuel 20:12-17). As die godvresende vader van Mefiboset en ’n lojale vriend van Dawid sou Jonatan nie sy jong seun geleer het om na koninklike mag te streef nie.
-