-
Hy het vertroosting in sy God gevindDie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
-
-
Wat het Jehovah omtrent Elia se vrese en bekommernisse gedoen? Die engel het vir Elia gesê om by die ingang van die grot te staan. Hy het dit gedoen, hoewel hy nie geweet het wat op hom wag nie. ’n Sterk wind het opgekom! Dit moes seker ’n oorverdowende geloei veroorsaak het, want dit was so kragtig dat dit berge en rotse uitmekaargeskeur het. Stel jou voor hoe Elia sy oë probeer beskerm terwyl hy in die vlae van wind aan sy swaar kleed van hare vashou. Daarna het hy gesukkel om op sy voete te bly, want die grond het begin dein en skud—’n aardbewing het die streek getref! Hy het beswaarlik tot verhaal gekom toe daar ’n groot vuur was, wat hom in die grot teruggedwing het om weg te kom van die versengende hitte.—1 Konings 19:11, 12.
Elke keer herinner die verslag ons dat Jehovah nie in hierdie skouspelagtige vertonings van die natuur se krag was nie. Elia het geweet dat Jehovah nie die een of ander mitiese natuurgod is nie, soos Baäl, wat deur sy misleide aanbidders die “ruiter van die wolke”, oftewel bringer van reën, genoem is. Jehovah is die ware Bron van al die ontsagwekkende krag wat in die natuur gevind word, maar hy is ook oneindig groter as enigiets wat hy gemaak het. Selfs die fisiese hemel kan hom nie bevat nie! (1 Konings 8:27). Maar hoe het dit alles vir Elia gehelp? Onthou hoe bang hy was. Met ’n God soos Jehovah aan sy kant, wat al daardie oorweldigende krag tot Sy beskikking het, het Elia geen rede gehad om Agab en Isebel te vrees nie!—Psalm 118:6.
Ná die vuur het daar ’n stilte neergedaal en het Elia “’n kalm, sagte stem” gehoor. Dit het Elia genooi om sy gedagtes weer uit te spreek, en hy het dit toe ook gedoen deur ’n tweede keer uiting te gee aan sy bekommernisse.* Miskien het dit hom verdere verligting gebring. Maar Elia het ongetwyfeld selfs meer vertroosting geput uit wat die “kalm, sagte stem” daarna vir hom gesê het. Jehovah het Elia verseker dat hy allesbehalwe waardeloos is. Hoe so? God het baie oor sy langtermynvoorneme in verband met die stryd teen Baälaanbidding in Israel geopenbaar. Dit is duidelik dat Elia se werk nie tevergeefs was nie, want God se voorneme het onstuitbaar vooruitbeweeg. Verder was Elia nog altyd deel van daardie voorneme, want Jehovah het hom met spesifieke instruksies teruggestuur om sy werk voort te sit.—1 Konings 19:12-17.
-
-
Hy het vertroosting in sy God gevindDie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
-
-
Die bron van hierdie “kalm, sagte stem” was dalk dieselfde gees wat gebruik is om “Jehovah se woord”, wat in 1 Konings 19:9 genoem word, oor te dra. Vers 15 verwys eenvoudig na hierdie gees as “Jehovah”. Dit herinner ons dalk aan die geespersoon wat Jehovah gestuur het om Israel deur die wildernis te lei en van wie God gesê het: “My naam is in hom” (Eksodus 23:21). Ons kan natuurlik nie dogmaties hieroor wees nie, maar dit is opmerkenswaardig dat Jesus in sy voormenslike bestaan as “die Woord”, Jehovah se spesiale Woordvoerder aan Sy knegte, gedien het.—Johannes 1:1.
-