-
Kan jy werklik ‘nader aan God kom’?Kom nader aan Jehovah
-
-
3. Watter uitnodiging rig Jehovah aan ons, en watter belofte hou daarmee verband?
3 Jehovah nooi ons om nader aan hom te kom. Hy is gereed en gewillig om ons as vriende te aanvaar. En as ons stappe doen om nader aan hom te kom, beloof hy dat hy dieselfde sal doen. Hy sal nader aan ons kom. So kan ons iets waarlik kosbaars verkry – “hegte vriendskap met Jehovah” (Psalm 25:14). “Hegte vriendskap” dra die gedagte oor van vertroulike gesprekke met ’n spesiale vriend.
4. Hoe sou jy ’n hegte vriend beskryf, en in watter opsig is Jehovah so ’n vriend vir dié wat nader aan hom kom?
4 Het jy ’n hegte vriend wat jy in jou vertroue kan neem? So ’n vriend is iemand wat vir jou omgee. Jy vertrou hom, want hy het sy lojaliteit bewys. Wanneer jy jou vreugdes met hom deel, verskaf dit jou selfs groter genot. Sy simpatieke oor verlig die las van jou leed. Al lyk dit of niemand anders jou verstaan nie, verstaan hy jou. Wanneer jy nader aan God kom, verkry jy eweneens ’n spesiale Vriend wat jou werklik waardeer, baie vir jou omgee en jou ten volle verstaan (Psalm 103:14; 1 Petrus 5:7). Jy vertrou hom met jou diepste gevoelens, want jy weet dat hy lojaal is aan diegene wat aan hom lojaal is (Psalm 18:25). Maar ons kan hierdie voorreg van vriendskap met God slegs geniet omdat hy dit moontlik gemaak het.
-
-
Kan jy werklik ‘nader aan God kom’?Kom nader aan Jehovah
-
-
a Die Bybel praat byvoorbeeld van God se gesig, oë, ore, neusgate, mond, arms en voete (Psalm 18:15; 27:9; 44:3; Jesaja 60:13; Matteus 4:4; 1 Petrus 3:12). Sulke figuurlike uitdrukkings moet net so min letterlik opgeneem word as verwysings na Jehovah as “die Rots” of “’n skild”. – Deuteronomium 32:4; Psalm 84:11.
-