-
Hoe kan ek God se vriend word?Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
-
-
Daar is nog ’n aspek van jou vriendskap met God wat jy nie moet ignoreer nie. Die psalmis Dawid het geskryf: “Smaak en sien dat Jehovah goed is” (Psalm 34:8). Kort voordat Dawid die 34ste Psalm geskryf het, het hy ’n angswekkende ondervinding gehad. Hy het vir die moorddadige koning Saul gevlug—wat al klaar ’n swaar beproewing was. Maar toe moes hy skuiling soek by sy vyande, die Filistyne. Dawid het gedink dat hy beslis doodgemaak sou word en daarom het hy gemaak asof hy kranksinnig is en kon hy wegkom.—1 Samuel 21:10-15.
Dawid het nie gedink dat sy noue ontkoming aan sy eie vindingrykheid te danke was nie. Hy het eerder aan Jehovah die eer gegee. Vroeër in die psalm wat hierbo genoem word, het hy geskryf: “Ek het Jehovah geraadpleeg, en hy het my geantwoord, en uit al my verskrikkinge het hy my verlos” (Psalm 34:4). Dit was dus uit persoonlike ondervinding dat Dawid ander kon aanspoor om te “smaak en [te] sien dat Jehovah goed is”.a
-
-
Hoe kan ek God se vriend word?Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
-
-
a Sommige Bybels vertaal die frase “smaak en sien” as “ontdek self”, “vind self uit” en “ondervind en sien self”.—Contemporary English Version, Today’s English Version en Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling.
-